<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Atlete maak EHS trots

 
School : 07 Mar 2016 113 Viewed By Fransa de Beer 0

MOOKGOPHONG - Hoërskool Ellisras se atlete het verlede week hul skool se naam hoog gehou tydens die Interhoër.
Cameron Morgan wen ‘n silwer medalje, Steyn van Staden wen goud in hoogspring seuns o/16 en silwer in 800m naelloop. Loutjie Steenekamp stel ‘n nuwe rekord op in die 400m hekkies en wen ook twee goue medaljes. Neil Steenkamp en Divan Geldenhuys wen onderskeidelik goue en silwer medaljes vir hoogspring seuns o/15. Conrad Prinsloo wen goud vir diskus seuns o/15 en Johan van Niewenhuisen wen twee silwer medaljes.
Larissa Nel wen 'n allemintige drie goue medaljes terwyl John Mogohloana en Charné Vosloo albei twee goue medaljes wen. Domonique Bezuidenhout wen ‘n derde plek vir verspring en TJ de Beer wen ‘n silwer medalje vir hekkies. Murangi Sithari, Nelia Grobler en Clifford Els wen ook elk ‘n gouemedalje.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube