-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se rugby en hokkiespanne het tydens hulle tweede wintersport byeenkoms verlede naweek, skoonskip gemaak in die kragmeting met Hoërskool Generaal Hertzog. HPP se derde rugbyspan het teen Waterberg High School te staan gekom en hulle ook uitstekend van hulle taak gekwyt.
Die uitslae is soos volg:
Rugby: HPP se o/14A span het hulle wedstryd gewen met ‘n puntetelling van
36-0. Pieter Vorster is die speler van die wedstryd. Die o/15B span maak ook skoonskip met ‘n puntetelling van 38-0. Bobo Mabena is as die speler van die wedstryd aangewys. Die derde span kraai ook koning met ‘n skitterende puntetelling van 23-5 teen Waterberg High School se span. Niel Faber is die speler van die wedstryd.
Die tweede span seëvier ook met ‘n indrukwekkende 41-0 puntetelling. Raymond Botha is die speler van die wedstryd.
Die skool se eerste span beïndruk loshande met ‘n puntetelling van 48-7.
Luandro Cangueiro is die speler van die wedstryd.
Netbal: Met die netbal het dit egter nie goed gegaan nie. Al HPP se spanne het verloor behalwe die o/15A span wat wen met ‘n puntetelling van 17-9. Dersley Chabalalala is die speler van die wedstryd.
Hokkie: Die hokkie meisies het vier van hulle vyf wedstryde gewen. Die o/14A span wen 2-0 en Lenika Nel is die speler van die wedstryd.
Die o/15 span wen met ‘n punt telling van 3-2. Elrike Marais is die speler van die wedstryd. Die o/16A span seëvier ook met ‘n 2-0 punt telling. Gracious Kekana is die speler van die wedstryd.
HPP se eerste span wen met ‘n indrukwekkende 6-1 punt telling. Janke Blount is die speler van die wedstryd.
0 Comments