<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

CVO atlete skitter!

 

Hoërskool meisies atlete van Potgietersrus CVO Skool wat as medaljewenners in die onlangse BCVO landwye atletiekbyeenkoms uitgetree het.

School : 11 Apr 2016 106 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE - Die Potgietersrus CVO Skool spog vandeesweek met sy atlete die afgelope skoolvakansie tydens die BCVO se landwye atletiek as medaljewenners uitgetree het. Atlete het gekompeteer teen sowat 700 atlete vanuit ses provinsies.

Die byeenkoms het  oor twee dae gestrek. Die beste drie atlete in hulle onderskeie ouderdomme en provinsies is gekies om aan die byeenkoms deel te neem in hulle provinsiale kleure. 

Die kompetisie is straf en die uitslae word ook op die ASA punte tabel bereken.

 

 

 
 

Laerskool seuns atlete van Potgietersrus CVO Skool wat tydens die skoolvakansie aan die BCVO landwye atletiekbyeenkoms medaljes verower het.

Laerskool meisies wat tydens die skoolvakansie aan die BCVO landwye atletiekbyeenkoms medaljes verower het. Voor: Muniël Genis (eerste 600m o/8 en tweede 60m o/8 en tweede 80m o/8). Agter: Daleen van Schalkwyk (derde in 100m o/12 en derde in spiesgooi o/12), Jolanie Nel (eerste in hoogspring o/12).

Hoërskool seuns atlete van Potgietersrus CVO Skool wat as medaljewenners in die onlangse BCVO landwye atletiekbyeenkoms uitgetree het.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube