<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS maak trots op Hansieweek

 

PRETORIA – Hoërskool Ellisras (EHS) bars van trots nadat die skool se vier rugbyspanne EHS se naam hoog gehou tydens Hansieweek in Pretoria gehou is vanaf 28 Maart tot 2 April.

School : 11 Apr 2016 192 Viewed By Fransa de Beer 0

PRETORIA – Hoërskool Ellisras (EHS) bars van trots nadat die skool se vier rugbyspanne EHS se naam hoog gehou tydens Hansieweek in Pretoria gehou is vanaf 28 Maart tot 2 April. Daar was 80 spanne (klein, medium en makro skole) en het Hoërskole soos Oos Moot, Wonderboom, Hoër Tegniese Skool John Vorster en Hoërskool Swartkop van Pretoria, Hoërskool Vrede uit die Vrystaat, Hoërskool Randburg, Hoërskool Hoogenhout en Hoërskool Ben Vorster ingesluit. EHS se o/14 rugbyspan klop Hoërskool Oos Moot en Hoërskool Swartkop en wen in die finaal Hoërskool Ben Vorster. Hulle het ’n pragtige trofee huis toe gebring en bedank hulle afrigters, Rohan Besseling en Zirk Buys. Die eerstespan speel twee wedstryde en wen Hoër Tegniese Skool John Vorster terwyl die o/16 span Hoërskool Wonderboom wen en die o/15 span Alberton Hoërskool uitstof. Hier is die trotse o/14 span.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube