<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP meet kragte by wintersport

 

Hoërskool Piet Potgieter se o/14 rugbyspan in aksie teen Hoërskool Die Wilgers tydens verlede naweek se wintersport.

School : 13 Apr 2016 65 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter se Rugby, Hokkie en Netbalspanne het die afgelope naweek teen Hoërskool Die Wilgers en Warmbad Hoërskool meegeding en 6 uit 18 van die algehele wedstryde gewen en een gelykop gespeel.
Hoërskool Piet Potgieter se Netbalspanne het behoorlik pak slae gekry en al hulle wedstryde teen Hoërskool Warmbad verloor.Die volgende spanne het in hulle onderskeie sportsoorte gewen:
Rugby
Die o/14 rugbyspan se telling teen Hoërskool Die Wilgers is ‘n indrukwekkende 53-0. Sakkie Wessels was die speler van die wedstryd. Die o/15 rugbyspan het hulle net so goed van hulle taak gekwyt met ‘n puntetelling van 46-0 teen Hoërskool Die Wilgers.
Hokkie
Die o/14 A-span het gelykop gespeel teen Hoërskool Warmbad. Hulle telling was 1-1. Soné Kapp is die speler van die wedstryd. Die o/15 A-Span wen teen Hoërskool Warmbad. Hulle puntetelling was 4-1. Kaylen Deysel is die speler van die wedstryd. Die o/16 A-Span maak skoonskip teen Hoërskool Warmbad en teken 5 teenoor 0 punte aan. Shiné Longeiura is die speler van die wedstryd. Jana Lené is die speler van die wedstryd in die eerste span se 5-1 punte teenoor Hoërskool Warmbad.
Tennis
Die tweede seuns tennisspan het beïndruk met 6-0 teen Hoërskool Warmbad.
Caption
Marnus Uys druk die perfekte drie vir Hoërskool Piet Potgieter se eerste span in ‘n kragmeting teen Hoërskool Die Wilgers. Die span het egter die wedstryd verloor met 28-17 in die teenstanders se guns. Waldo Kruger is die speler van dié wedstryd.
Caption
Hoërskool Piet Potgieter se o/14 rugbyspan in aksie teen Hoërskool Die Wilgers tydens verlede naweek se wintersport.

 

 

 

 

 

 
 

Marnus Uys druk die perfekte drie vir Hoërskool Piet Potgieter se eerste span in ‘n kragmeting teen Hoërskool Die Wilgers. Die span het egter die wedstryd verloor met 28-17 in die teenstanders se guns. Waldo Kruger is die speler van dié wedstryd.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube