<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krugies trompoppies wys hul slag

 

Krugerpark se trompoppies en hulle afrigter Martie Viljoen met hemde wat Viljoen ook geborg het. 

School : 21 Apr 2016 126 Viewed By NoordNuus reporter 0

MOKOPANE - Laerskool Krugerpark se trompoppies het verlede Saterdag tydens Limpopo se eerste trompoppie kompetisie op hul tuisveld, goed presteer. Krugies se trompoppies het in drie afdelings geseëvier en in drie ander afdelings spog hulle met tweede plekke. Hulle uitslae is soos volg: Hulle sub-leidster en hoof leidster het elk ’n wen plek ingepalm in Small Drill en in dieselfde afdeling behaal hulle ’n eerste plek as beste span.  Hulle raap ’n tweede plek op vir Vlag groep en nog ’n tweede plek vir hulle prestasie in die Throwing Prop groep afdeling. Tweede plek is ook vir hulle beskore in die Pom/non prop groep afdeling.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube