<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP woeker met wintersport

 

SP Grobler speel vir HPP se derde span. Hier is hy in alle erns met die bal in sy besit tydens hulle wintersport kragmeting teen Hoërskool Hans Strijdom.

 

School : 21 Apr 2016 253 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se wintersport spanne het puik pres-teer tydens die afgelope naweek se wintersport. Die rugby se uitblinkers was die o/14 en o/15A-spanne. 
Die rugby, hokkie, netbal en tennis teen Hoërskool Hans Strijdom (HHS) sportuitslae is soos volg:
Rugby: HPP se o/14 span klop HHS met 4 punte (12-7). Pieter Venter was die speler van die wedstryd. Die o/15 A-span wen 48-0. Speler van die wedstryd is Meinrich Frauendorf.
Hokkie: HPP se o/14 A-span wen 6-0. Die speler van die wedstryd was Chanel van Deventer. Die o/15 A-span wen 10-0 met Wilmarie van der Westhuizen as speler van die wedstryd. Die o/16 A-span speel gelykop (2-2). Die tweede span wen 1-0 en hier was Phindile Tjale speler van die wedstryd. Die eerste spanne speel gelykop met Mirieck Griessel as speler van die wedstryd.
Netbal: ’n Skitterende 17-3 puntetelling laat HPP se o/14 netbalspan seëvier. Die o/15 span sorg vir opwinding met ’n puntetelling van 30-5. Paulina Mashishi was die speler van die wedstryd. Die o/16 span wen 10-8 met Kaletso Mantjane as speler van die wedstryd. Die tweede span kraai ook koning met 10-13 en die eerste span seëvier met 21-12. Mokgaetsi Mangongoa was die speler van die wedstryd.
Tennis: HPP se seuns eerste tennis span wen HSS 4-2. Die tweede seuns span teken 5 punte teenoor 1 punt aan. Die derde seuns span wen ook 4-2. Die eerste meisies span het 6-0 verloor.
Gholf: HPP se A- en B Gholf spanne speel gelykop teen Ellisras Hoërskool (EHS). Die C-span wen EHS 3-1. Die B- en C-span het ook hulle teenstanders (Heuwelkruin) geklop.

 

 

 
 

HPP se Nickie Oosthuizen in ’n tennis wedstryd teen Hoërskool Hans Strijdom tydens die skole se wintersport byeenkoms verlede naweek.​

Jana-Lené van Eck in aksie op die hokkieveld vir HPP se eerste span verlede week.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube