-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Ellisras Hoërskool het ‘n suksesvolle sportdag teen Hoërskool Nyl-stroom gehad op hul tuisgronde op 23 April.
Die Rassies se rugbyspanne het almal gewen met ‘n fees van drieë. Die dag was uitsonderlik warm maar die spelers het dit skaars agtergekom. Die o/14span (wat die Hansie week gewen het teen Ben Vorster in die finaal) het teen die Nylie Kwaggies geseëvier met 43-0. Die o/15 span wen met 24-14 en die o/16 span het met ‘n baie aanskoulike wedstryd die Nylies gewen met 58-0. Die tweede span wen 36-13 en die eerstes wen ‘n taai wedstryd met 25-20.
Tydens die eerste netbal-span se wedstryd moes een van die Rassies se spelers onttrek nadat sy kopbeserings opgedoen het en hul verloor met net een doel 26-27. Die o/14 A-span speel gelykop 12-12, en die B-span wen Ellisras 25-0. Die o/15 A-span wen Nylstroom 20-18 en die B-span wen 8-5. Die o/16-span wen Nylstroom 26-23.
Twee van Ellisras se spanne wen tydens die hokkiewedstryde: die o/16-span wen 2-0 en die o/15-span wen 2-1.
Donderdag het die twee skole ook teen mekaar te staan gekom met tennis. Anzel Vermaak wen haar enkels. Barbara Emslie wen ook 7-2. Menno Glas wen sy enkels 6-3, Hendri Reynecke wen 5-4 en hy en Neil Steyn wen hul dubbels 4-3. Jannie Snyders is weer eens kampioen en wen sy enkels 6-3.
0 Comments