-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se rugby, netbal, gholf en tennis spanne het weer maklike oorwinnings behaal tydens die afgelope naweek se kragmetings teen hulle onderskeie teenstanders. HPP het 16 uit 22 van die algehele wedstryde gewen.
Die uitslae is soos volg:
Rugby: HPP se o/14 A-span maak skoonskip teen Hoërskool Tom Naude met ‘n indrukwekkende 34-7 puntetelling. Louis Olifant was die speler van die wedstryd. Die o/15 A-span vermorsel hulle teenstanders en teken 19 punte teenoor Hoërskool Tom Naude se 0 punte aan. Kgabo Meintjies was die speler van die wedstryd. Die o/16 A-span kraai ook koning met ‘n puntetelling van 24-0 teen Hoërskool Tom Naude. WC van Staden was die speler van die wedstryd. HPP se derde span wys hulle staal en klop Hoërskool Tom Naude met nege punte. Hulle puntetelling was 24-15. Jason Venter was die speler van die wedstryd. Die eerste span wen Hoërskool Tom Naude met ‘n allemintige 23 punte. Hulle punte was 52 -29. Marnus Uys was die speler van die wedstryd.
Netbal: HPP se o/14 A-span klop Hoërskool Tom Naude met ‘n puntetelling van 16-11. Onneile Molamu was die speler van die wedstryd. Die o/14 B-span seëvier met 9-0 punte teenoor Hoërskool Piet Potgieter. Lu-Mari Uren was die speler van die wedstryd. Die tweede span wen met twee punte teen Hoërskool Tom Naude. Hulle punte was 15-13. Bianca Malan was die speler van die wedstryd. HPP se eerste span seëvier ook en teken 32 punte teenoor Hoërskool Tom Naude se 17 punte aan. Amoré Botha was die speler van die wedstryd.
Gholf: HPP se gholf A-span klop Hoërskool Frikkie Meyer met 2 punte. Hulle telling was 3-1. Die B-span wen ook teen Hoërskool Frikkie Meyer met ‘n 3-1 puntetelling en die C-span kraai koning na ‘n 4-0 puntetelling teen Hoërskool Frikkie Meyer.
Die B-span wen weer, dié keer teen Hoërskool Warmbad met ‘n 4-0 puntetelling. Die C-span wen ook vir ‘n tweede keer toe hulle teen Hoërskool Warmbad te staan kom. Hulle telling was 3-1.
Tennis: Twee van HPP se tennisspanne het verlede Vrydag teen Hoërskool Ben Viljoen geseëvier. Die tweede seuns span klop Hoërskool Ben Viljoen met ‘n 5-1 puntetelling. Die derde seuns span kraai ook koning teen Hoërskool Ben Viljoen. Hulle telling was 4-3.
0 Comments