LEPHALALE – Twee plaaslike skole het verlede week aan ‘n plaaslike boogskietkompetisie by Laerskool Bosveld Primary deelgeneem. Hoërskool Ellisras en Laerskool Bosveld Primary het goed gevaar in die kompetisie teen Vivo, Waterberg Academy en ‘n paar skuts van Rustenburg skole of 7 April. EHS eindig eerste met ‘n telling van 3016 uit 3600 terwyl Laerskool Bosveld Primary tweede geëindig het. FA Kemp wen die afdeling vir senior seuns en kom ook algeheel eerste vir die dag met ’n telling van 278 uit 300. Ammaarah Pandie eindig tweede van die senior dogters en Petra Grobler is derde van die senior dogters.
0 Comments