-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se wintersport spanne het die afgelope naweek kragte gemeet teen Hoërskool Nylstroom. HPP het hulle taamlik goed van hulle taak gekwyt, maar ongelukkig was die netbal minder suksesvol.
Die uitslae is soos volg:
Rugby: HPP se o/14 A-span wen met 27-5. Michael Mc Nicol was die speler van die wedstryd. Die o/15 A-span vermorsel hulle teenstanders met ‘n allemintige 52-7 puntetelling. Junior Mnisi was die speler van die wedstryd.
Die o/16 A-span kraai ook koning met ‘n skitterende 52-7 wen. David Human was die speler van die wedstryd.
Hokkie: HPP se o/14 A-span spog met ‘n 2-0 wen. Annika Oosthuizen was die speler van die wedstryd. Die o/15 A-span raap ook ‘n wen op met ‘n puntetelling van 3-0. Lené Kruger was die speler van die wedstryd.
Die o/16 A-span lewer indrukwekkende resultate en wen 6-0. Charlene Botes was die speler van die wedstryd.
Die tweede span nog hulle teenstanders het enige punte aangeteken nie en is gelykop. Johané Nel was die speler van die wedstryd. HPP se eerste span wen 1-0 met Gaby Nel as die speler van die wedstryd.
Tweedes : HPP 18 - 17 N Werner Esterhuizen. Eerstes : HPP 40 - 15 N JD VorsterTennis.
HPP se eerste seuns span maak skoonskip met ‘n skitterende 6–0. Die tweede seuns span speel gelykop. Hulle punte was 3-3. Die derde seuns span wen hulle teenstanders 4-2. Die eerste meisies span het egter 0-6 verloor.
0 Comments