<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Niks stuit Hardies redenaars

 

LEPHALALE - Die afgelope naweek het Hardekool Akademie se leerlinge deelgeneem aan die Noord Transvaalse streek redenaars kompetisie in Lephalale.

School : 09 Jun 2016 59 Viewed By Press Release 0

LEPHALALE - Die afgelope naweek het Hardekool Akademie se leerlinge deelgeneem aan die Noord Transvaalse streek redenaars kompetisie in Lephalale. Daar was 144 sprekers vanuit nege skole wat deelgeneem het.  Hardekool se leerlinge het egter nie op hul louere gerus nie en  spog met drie eerste plekke, vier tweede plekke en een derde plek. Agt van hul leerlinge het ook deurgedring na die landswye rondte wat in Augustus in Groblersdal sal plaasvind. Tessa du Toit en WJ Ellis het ook die besonderse prestasie behaal as fase wenners. Tessa (Graad twee) was die fase-wenner by Graad 1-3 en WJ (Graad 5) was fase-wenner by Graad 4-6. Voor is Liam Ellis Graad 1 (tweede), middel: Zana Buhrmann Graad 2 (tweede), Maria Kriel Graad 2 (derde) en Tessa du Toit (eerste en fase-wenner). Agter is WJ Ellis Graad 5 (eerste en fase-wenner), Wian Lewies (tweede), SH van Zyl Graad 1 (eerste) en Eleana Ellis Graad 2 (tweede).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube