<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Trompoppies presteer provinsiaal

 
School : 21 Jun 2016 488 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Laerskool Krugerpark se trompoppies het uitstekend presteer tydens hulle deelname aan die Limpopo Trompoppie Kampioenskappe wat verlede Saterdag op hulle tuisvelde gehou is.
Agt skole het aan die kampioenskappe deelgeneem waarvan twee hoër- en ses laerskole. Laerskool Krugerpark het drie silwer- en twee bronsmedaljes tydens die kampioenskap opgeraap. Hulle uitslae is soos volg:
Laerskool Krugerpark se Vlaggroep en pom/non prop groep behaal elk ’n derde plek (bronsmedalje).
Hulle Throwing prop groep en Small drill hoofleidster asook sub-leidsters verower elk ’n silwermedalje.
Laerskool Krugerpark se trompoppie afrigter en organiseerder Martie Viljoen ontvang ’n “Uitstekende Diens in Administrasie” toekenning (sertifikaat). Hulpafrigter Abea Kekana is vereer met ’n sertifikaat vir “Uitstekende diens in beoordeling”.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube