<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Hokkie bokkies bo!

 
School : 08 Aug 2016 213 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se o/14 hokkiespan (foto regs) is die wenners van die Noordvaal hokkietoernooi in Witbank verlede Saterdag.

HPP se ander spanne het hulle ook uitstekend van hulle taak gekwyt, onderskeidelik in Krugersdorp en Potchefstroom.

HPP se o/14 klop Hoërskool Kanonkop 6-0. Die speler van die wedstryd was Lenika Nel. Dié span maak ook skoonskip teen Hoërskool Oosterlig met 3-0. Annika Oosthuizen was die speler van die wedstryd. Hulle puntetelling teen Hoërskool Ben Vorster was 2-2. Chris-Mari Darvall was die speler van die wedstryd en die speler van die toernooi was Lachelle de Beer.

HPP se eerste hokkiespan behaal ’n derde plek in die toernooi. Hulle klop Curro Bakenveld en wen ook teen Hoërskool Oosterlig met ’n 1-0 puntetelling. Hoërskool Ben Viljoen klop ongelukkig vir HPP met 4 punte.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube