<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP maak “Skoon-Skip”

 
School : 15 Aug 2016 138 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die toneelgroep van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) bied vanjaar die toneel, “Skoon-Skip” aan.
Die outeur, Jannes Erasmus het spesiaal hierdie verhoogdrama vir HPP geskryf. Dit handel oor ‘n groep kinders wat ‘n nywerheidskamp bywoon omdat hulle nie in die samelewing inpas nie. Hulle ouers het hulle afgelaai en hulle moet eers ‘n opleidingskursus voltooi voor hulle kan huis toe gaan. Hulle omstandighede is nie ideaal nie en hulle weet nie of hulle daar sal uitkom nie. Daarom speel hulle maar speletjies om deur elke dag te kom. Meester is die hoof van die kamp, maar kaptein is aangestel oor die kinders en moet aan hom rapporteer.
Die regie van die diepsinnige toneelstuk word behartig deur die gesoute drama regisseur, Yvette Wessels.
Skoon-Skip word dié week (11 Augustus) opgevoer by die Bosveld Interhoër in die skoolsaal van Hoërskool Hans Strijdom en ook op 18 Augustus by die ATKV Tienertoneelkompetisie in Roodepoort.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube