<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krugies atlete woeker met talente

 
School : 19 Aug 2016 190 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Laerskool Krugerpark se junior en senior landloop atlete het op 11 Augustus ’n landloop byeenkoms bygewoon. Twee atlete spog met ’n goue medalje, een het ’n silwer medalje verower en twee atlete ’n brons medalje.
Landloop atlete se uitslae is soos volg:
Juniors: Brimy Brits (d o/7) het ’n afstand van 1km afgelê en behaal ’n 12de plek. Anthony Lowe (s o/7), so ook ’n 8ste plek en Willem van Antwerp (s o/7), ’n 12de plek. Ja-né Bronkhorst (d o/8) het ook ’n afstand van 1km afgelê en verower ’n goue medalje. Chané Brits het in dieselfde afdeling ’n 7de plek. Ore Mothsudi (d o/8) is 11de en Lerato Molokomme (d o/9) ’n 12de plek. Solly Seloma (d o/8) behaal ’n 15de plek in die 1km en Janco van der Merwe (s o/8) ’n 18de plek. Tachelle van der Berg (d o/9) was 8ste in die 2km en Juan van der Merwe (s o/9) was 7de. Juvan van der Merwe (s o/9) is 11de in die 2km, Tristan Hudson (s o/9) 14de, Katsa Moeti (s o/9) 17de en Kgopotso Shumba (s o/9) 22ste.
 Seniors: Jolanie Bronkhorst (d o/10) behaal ’n 7de plek, Smagi Tjale (s o/10) is 2de en MP de Wet (s o/10) is 13de plek. Veronica van Loggerenberg (d o/11) wen ’n goue medalje en Katryn Molamu (d o/11) behaal ’n 6de plek. Jaco Theunissen (s o/11) was 5de, Pieter van Antwerp (s o/11) 6de, Loukie Oosthuizen (s o/11) 8ste, Will-Henry Oosthuyzen (s o/11) 18de, JJ van Rooyen (s o/11) 21ste en Noble Seakamel kry ’n deelname sertifikaat. Cynthia Rafapa (d o/12) behaal ’n 8ste plek en Madaleen Calitz (d o/12) ’n 12de plek. J.C. Botha (s o/12) verower ’n bronsmedalje en Pieter van Coller (s o/12) behaal vyfde plek. WJ Bronkhorst (s o/12) was 6de, Ruan Liebenberg (s o/12) 13de en Wihan Oelofse (s o/12) 20ste.
Sibusiso Mabena (s o/13) behaal ’n 3de plek en Willem Pretorius (seuns o/13) behaal ’n 6de plek. Henro de Kock (s o/13) was 10de met Avile Mpobole (s o/13) in die 11de plek en Malesela Mojela (seuns o/13) in die 15de plek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube