-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Leerders van die Potgietersrus CVO Skool het tydens die leesfees wat die skool vanaf 29 Augustus tot 2 September aangebied het ’n totaal van 405 boeke deurgelees.
Die leesfees word jaarliks aangebied om leerders aan te moedig om meer te lees. Die bekroonde skrywer Fanie Viljoen het die leerders tydens die leesfees toegespreek terwyl Lapa uitgewers ook ’n boekuitstalling in die skoolsaal gehou het. Klasse het die boeke wat elke leerder gelees het op sirkels papier neergeskryf tesame met ‘n opsomming van die boek wat daar gelees is. Die sirkels is in die vorm van ‘n wurm teen die muur geplak en elke klas het gespog met sy eie wurm. Die Graad 2 klas was die wenners.
0 Comments