-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het op 30 en 31 Augustus sy jaarlikse hokkie- en rugby prysuitdelings gehou en spelers vir hulle prestasies vereer.
HPP se rugby presteerders is soos volg: Die o/14A-span se beste voorspeler is Herman Wessels en sy beste agterspeler is Dian Theron. Michael Mc Nicol is vereer vir beste vordering in dié span. Die o/15Aspan se beste voorspeler is Justin Nel en sy beste agterspeler is Junior Mnisi. Mogaka Masemene is vereer vir beste vordering.
Die o/16Aspan se beste voorspeler is David Human en sy beste agterspeler is CG Kruger.
Die beste vordering prestasie is aan Rucardo Kruger toegeken. Die derde span se beste voorspeler is KC Beyliefeldt en sy beste agterspeler is SM Venter. Beste vordering vir dié span is aan Johan Cronje toegeken.Die tweede span se beste voorspeler is aan Kurt Kruger toegeken. Die beste agterspeler is Ofentse Lebelo en die beste vordering toekenning as aan Martin van Wyk oorhandig. Die eerste span se beste voorspeler is Luandro Cangueiro en die beste agterspeler is Waldo Kruger. JD Vorster is vereer vir beste vordering. Die junior speler van die jaar is toegeken aan David Human en die span van die jaar is die o/15’s.
HPP se hokkie presteerders is soos volg: Die o/14A-span se beste vordering prestasie is aan Jo-Ann Ledwaba toegeken. Die beste speler prestasie is deur Lachelle de Beer opgeraap. Die o/15A- span se beste vordering prestasie is aan Denja Pretorius toegeken en die beste speler is Lené Kruger. Die o/16A-span se beste vordering presteerder is Shiné Longueira en die beste speler is Michelle Duvenhage.
Die tweede hokkiespan se beste vordering prestasie is aan Kyla Wroe toegeken. Die beste speler is Johané Nel. Die eerste span se beste vordering prestasie is aan Charlotte le Roux toegeken en
die beste speler is Megan Bruwer. Die beste span prestasie is aan die
o/14 hokkiespan toegeken.
0 Comments