<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krugies tennisspelers is wenners!

 

Laerskool Krugerpark se junior tennisspelers as die liga wenners in ’n onlangse tennisliga teen ander laerskole in die distrik. Hulle afrigters, Morné Coetzee en Marlize van der Merwe staan trots by hulle.

School : 21 Sep 2016 185 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Laerskool Krugerpark se junior en senior tennisspelers het hulle verlede Dinsdag uitstekend van hulle taak gekwyt tydens ’n tennisliga in Vaalwater. Die A-span meisies en B-span seuns spanne het as die senior wenners uit die stryd getree terwyl die juniors as die liga wenners aangewys is.

Laerskool Krugerpark se junior tennisspelers het kragte gemeet met Laerskool Nylstroom en hulle met 68 teenoor 17 punte geklop. Hulle het ook skoonskip gemaak teen Laerskool Eugene Marais met ’n uitstekende wen telling van 146-19. Nog ’n skitterende wen vir Laerskool Krugerpark teen Laerskool Bosveld met 149-16 en 107-43 in ’n kragmeting teen Laerskool Vaalwater.

 

 

 

 
 

Die B-span senior meisies is die naaswenners van ’n onlangse tennisliga in Vaalwater. Die A-span seuns het ’n derde plek beklee in dieselfde liga.  By die spanne, hul afrigters, Morné Coetzee en Marlize van der Merwe.

Die A-span senior meisies en B-span senior seuns as die senior wenners van ’n onlangse tennisliga in Vaalwater. By die spanne, hul afrigters, Morné Coetzee en Marlize van der Merwe.

 

 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube