<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS slaan 'n kishou!

 

LEPHALALE - Hoërskool Ellisras se o/15 krieketspan het Hoërskool Ben Viljoen die onderspit laat delf toe hulle met 130 lopies gewen het in ‘n kragmeting op Ellisras se velde verlede Saterdag. Op die foto is Janco Lotter, Conrad Prinsloo en WP Vermeulen.

School : 30 Sep 2016 319 Viewed By Amanda Basson 0

Hoërskool Ellisras se o/15 krieketspan het Hoërskool Ben Viljoen die onderspit laat delf toe hulle met 130 lopies gewen het in ‘n kragmeting op Ellisras se velde verlede Saterdag. In die 45.2 boulbeurte maak Ellisras 283 lopies. Ben Viljoen kolf tweede en word almal uitgeboul vir net 131 lopies. WP Vermeulen boul drie lopies en Ben Viljoen kon net sewe lopies van sy boulwerk aanteken. WP laat boonop twee paaltjies kantel en skitter met nog 63 lopies! Janco Lotter maak 75 lopies van 56 balle. Conrad Prinsloo hardloop 57 lopies en laat een paaltjie kantel. Conrad is gekies vir die Waterberg-distrikspan wat gedurende die vakansie aan ‘n laaste rondte proewe gaan deelneem om die Limpopo span te kies. Louis Campbell, EHS se skoolhoof reken dit is ‘n uitstekende prestasie om tot daar te vorder. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube