<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP skerp hulle spelvermoë op

 

René Buitendag, Madelein Leibrandt, Charlize Collins en Ijanke Steyn van Hoërskool Piet Potgieter het verlede Saterdag aan die WOW Nasionale Spelfees in Stellenbosch deelgeneem en goed gevaar. Madelein Leibrandt se spelvermoë het aan haar ’n vyfde plek in die fees besorg.

School : 28 Oct 2016 580 Viewed By Martie Le Grange 0

Sowat 300 leerders van ongeveer 100 skole het Saterdag byeengekom om hul spelvermoëns te meet. Dit volg op ’n reeks uitdunne wat gedurende die jaar regoor die land aangebied is. Hierin het vier leerders van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) meegeding en hulle goed van hulle taak gekwyt. WOW, ’n akroniem vir Woorde Open Wêrelde, het ten doel om ’n liefde vir lees en woorde by leerders te kweek. René Buitendag, Madelein Leibrandt, Charlize Collins en Ijanke Steyn van Hoërskool Piet Potgieter het verlede Saterdag aan die WOW Nasionale Spelfees in Stellenbosch deelgeneem en goed gevaar. Madelein Leibrandt se spelvermoë het aan haar ’n vyfde plek in die fees besorg.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube