<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP spog met 39 medaljes

 

Luzaan Taljaard van Hoërskool Piet Potgieter is baie tevrede met haar prestasie in gewigstoot tydens die Marius Lengton atletiekbyeenkoms in Polokwane verlede Saterdag.

School : 28 Oct 2016 417 Viewed By Martie Le Grange 0

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) spog met altesaam 39 medaljes na hulle deelname aan die Marius Lengton atletiekbyeenkoms teen 17 hoërskole in Polokwane verlede Saterdag. Die dag is deur Hoërskool Tom Naude aangebied. Piet Pot het van die atletiekveld afgestap met 10 Gouemedaljes, 13 silwer- en 16 brons medaljes. Atlete wat eerste plekke behaal het se uitslae is soos volg: William Mohlalog - 300m seuns o/15, Karabo Maripa - 1500m seuns o/16. Luzaan Taljaard (foto) gewigstoot meisies o/16 ( 12,49m). William Mohlaloga 100m hekkies seuns o/15. Werner Esterhuizen verspring seuns o/17 (6,45m). Michelle Tshilwana 200m vir meisies o/14. Ellah Maepa se afstand in spiesgooi vir meisies o/17 is 28,39m en Jessica Matjiu voltooi die 800m vir meisies o/15 in 2:33.38 sek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube