<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies spog by Lourier aand!

 

Hoërskool Ellisras het 19-20 Oktober Lourier aande gehou waar 382 leerders toekennings ontvang het.

School : 04 Nov 2016 222 Viewed By Amanda Basson 0

Hoërskool Ellisras het 19-20 Oktober Lourier aande gehou waar 382 leerders toekennings ontvang het.

JP van Staden ontvang die meeste toekennings in Graad 8 met 26 toekennings, Joey Vorster (Graad 9) ontvang 19 toekennings, Henja Glas in Graad 10 ontvang 18 toekennings, Cherante Snyman Graad 11 ontvang 31 toekennings en Barbara Emslie Graad 12 ontvang 39 toekennings!

Anke Erasmus verower die Handhawingstrofee wat gaan aan ‘n leerder wie hoogstaande morele, etiese en Christelike waardes handhaaf. Hierdie persoon moet die Afrikaanse kultuur bevorder en ‘n voorbeeld wees.

Die Kultuurpersoonlikheid van die jaar is Tanya van Zyl, Dux leerder en Rassie van die jaar is Barbara Emslie terwyl Marushka en Dario Geyser die Sportseun en -dogter van die jaar wen vir hulle puik prestasies in swem.

Die skool se Voorsitters vir 2017 is: Phillip van Wyk (Akademie), Cherantè Snyman (Bemarking), Lerato Ditsela (Dissipline), Neil Steyn (Sport), Lawrence Nong (Kultuur), en Renè Visser (Sosiaal). Die koshuis hoofseun is Paul Roux en hoofdogter is Hesmarie Badenhorst.

Vyf leerders kry kleure in atletiek, sewe leerders kry kleure in boogskiet, ses leerders kry kleure in rugby, drie leerders kry kleure in perdry en swem en een leerder kry kleure in netbal en krieket. Natuurlik is die twee rugbyspanne wat die Beeld trofee verower het met spesiale toekennings vereer. Die o/14 span hoop om op die o/16’s se voorbeeld voort te bou wat drie agtereenvolgende jare in die finaal van die Beeld trofee gespeel het en twee daarvan gewen het.

Hoërskool Ellisras is bekend vir die hoogs effektiewe noodhulp verleen tydens byeenkomste en ses leerders van die noodhulpspan ontvang elk ‘n trofee.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube