<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bossies is tops!

 
School : 18 Nov 2016 575 Viewed By NoordNuus reporter 0

LEPHALALE – Laerskool Bosveld Primary het verlede week ‘n spogaand aangebied waar al hul toppresteerders vir die jaar vereer is.
Meer as 120 toekennings is aan leerders van Graad R tot Graad 7 oorhandig. Mary Aphane, Amandré Lötter, Sariétte Pretorius, Anika van Rooyen en Ivanka Viviers het elkeen 'n toekenning vir sewe jaar getroue skoolbesoek ontvang. Janco von Rönge is die kultuurseun, Dux-leerder en Bossieseun van die jaar en Ivanka Viviers is die kultuurdogter vir die jaar. Charlize du Plessis is die sportdogter vir die jaar en Tebogo M'khomazi is die sportseun vir die jaar. Anika van Rooyen is die Bossiedogter van die jaar. Erhard Geyser is die veelsydigste sportseun van die jaar en Anika van Rooyen is die veelsydigste sportdogter van die jaar.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube