<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Sedibeng se bestes

 
School : 18 Nov 2016 660 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Sedibeng Skool het hul jaarlikse prysuitdeling verlede Donderdag gehou waartydens elke kind in die skool ‘n sertifikaat vir hul harde werk gedurende die jaar ontvang het.
Pastoor Billy Davies het elke leerder herinner dat hulle die potensiaal het om ‘n sukses van hul lewe te maak deur harde werk en geloof in hulself en God. Kgomotso Sehlake het die trofee ontvang vir die beste leerder in graad agt, Ronald Selokela is die beste leerder in graad ses, Charné van Wyk het die beste vordering gemaak in die grondslagfase terwyl Wian Cowan die beste presteerder in die grondslagfase is. San-Mari Marx is die mees toegewyde leerder in die junior fase, Johan van Rensburg het die beste vordering gemaak in die junior fase, Tanya Nel is die beste presteerder in die intermediêre fase, Ruben Lewies is die mees toegewyde leerder in die senior fase en J.P Lombard is die beste presteerder in die senior fase saam met Carla Tolley. George Harrington, Jeandré Naudé en Michelle Trotskie het goue sertifikate ontvang vir meelewendheid en hulpvaardigheid.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube