<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Skoolbanke finaal vaarwel toegeroep

 

Noordelike Nuus se kameralens het vanoggend op ’n groep matriek leerders van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) gefokus, enkele minute nadat hulle amptelik hul laaste eindeksamen vraestel geskryf het.

School : 28 Nov 2016 955 Viewed By Martie Le Grange 0

Noordelike Nuus se kameralens het vanoggend op ’n groep matriek leerders van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) gefokus, enkele minute nadat hulle amptelik hul laaste eindeksamen vraestel geskryf het.

’n Groep matriek seuns het breed geglimlag terwyl hulle uit die eksamenlokaal uitgestap het. Hulle bittere eksamenstryd het vandag finaal geëindig nadat hulle hul penne neergesit het vir die derde Afrikaanse vraestel.

“Dit is uiteindelik tyd vir vakansie, die taai stryd is verby,” het een van die seuns gesê.

Matriek vakansie is ’n groot tendens. Duisende skoolverlaters begin reeds hul tasse pak om ’n hoofstuk in hul lewe finaal vaarwel toe te roep en te vier by verskeie vakansiebestemmings waar massas matrieks jaarliks byeenkom.

Noordelike Nuus wens al Mokopane en Lephalale se skoolverlaters sukses en voorspoed toe vir hul toekoms.   

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube