<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Vroeë Kersfees vir gestremde leerders

 

Die leerders van Sedibeng gekombineerde skool is bederf deur Exxaro se bestuurspan toe hulle geskenke ontvang het tydens ‘n funksie by die skool verlede Vrydag.

School : 05 Dec 2016 488 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Die leerders van Sedibeng gekombineerde skool is bederf deur Exxaro se bestuurspan toe hulle geskenke ontvang het tydens ‘n funksie by die skool verlede Vrydag.

Die funksie is gereël om terugvoering te gee oor die iPad Africa projek wat deur Exxaro geborg word. “Ons het ‘n dramatiese verbetering in alle aspekte van die leerders se skoolwerk gesien vandat ons met die projek begin het en daarvoor moet ons Exxaro bedank,” het Bone Minnaar die skoolhoof gesê. Die skool het vroeër vanjaar meer as 120 iPads ontvang wat aangepas is om by die unieke gestremdheid van elke kind aan te pas. “Ons leerders het gestremdhede wat wissel van leerprobleme, minimale breindisfunksie en outisme tot leerders wat heeltemal gehoor-gestremd is en dit maak tradisionele onderwys metodes moeilik, maar met iPads kan ons elke les vir die individuele kinders maklik maak.”

Leerders net tot Graad 9 in die skool bly. “Ons wil aanstaande jaar ons leerprogram aanpas sodat ons vir ons leerders vaardighede kan begin leer.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube