<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

CVO vereer sy bestes

 
School : 19 Dec 2016 597 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die Potgietersus CVO Skool het sy top presteerders van 2016 vereer by sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie. Leerders van Graad 1 tot 12 is vir hul prestasies op akademiese, kulturele en sportgebied beloon.
Die hoërskool leerlingraad vir 2017 is Elizmay le Grange (hoofmeisie), Louise du Toit, Mariska Genis, Ockert Goosen, (by hulle op die foto is skoolhoof Jan Harmse), Louis Boshoff (hoofseun) en Regardt Scholtz. Die laerskool leerlingraad vir 2017 is HW van der Merwe, Carl Boonzaaier, Lezelle Pretorius, Jolanie Nel, Marlé Genis (hoofmeisie), Erick Jooste (hoofseun) en Lijon Spies.
Lijon Spies is ook die Laerskool Sportdogter en Erick Jooste is die Laerskool Sportseun vir 2016.
 JF van der Merwe ontvang die laerskool kultuur trofee, Jandri Venter Hoërskool pronk met die trofee vir hoërskool sportdogter 2016 en Wilhelm Pistorius ontvang die trofee vir Hoërskool sport seun 2016. Louis Boshoff in Graad 11 spog met ’n lourier toekenning.
Danél Hoogenboezem is aangewys as die Dux Leerling vir Graad 7. Careli Kuhn in Graad 10 het 'n lourier toekenning ontvang, so ook Sumé Venter in Graad 10 en Louise du Toit in Graad 11. MC Genis, OR-lid vir akademie het hul toekennings oorhandig.
Anja Meyer is aangewys as die Dux leerder vir Graad 12.
Ilze-Mari van Schalkwyk ontvang die Soli Deo Gloria toekenning (oorhandig deur Louis Le Grange, O.R voorsitter). Dit is aan haar toegeken omdat sy ‘n ambassadeur is wat die skool verteenwoordig het op al die gebiede en op die hoogste vlak vanaf Graad 8 tot Graad 12.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube