<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Toekoms blink vir se EHS top matrieks

 

Mnr Nils Meiring wens Cara van Heerden geluk met haar uitslae!

School : 11 Jan 2017 2082 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Hoërskool Ellisras se Graad 12 leerders is reg vir die toekoms! Cara van Heerden behaal nege onderskeidings en Barbara Emslie het agt onderskeidings ingepalm! Barbara is ook op 5 Januarie 2017 in Polokwane deur die Limpopo Onderwys Departement aangewys as die beste leerder in Limpopo in die vak Afrikaans Huistaal.

Barbara (haar gemiddeld is 90.4%) behaal onderskeidings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Lewens Wetenskap Fisiese Wetenskap, Ingenieurs Grafieka en Ontwerp, Wiskunde, Inligtingstegnologie en Lewensoriëntering. Cara behaal onderskeidings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Rekeningkunde, Wiskunde, Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap, Lewensoriëntering, Gevorderde Program Wiskunde en Ingenieurs Grafieka en Ontwerp.

85.48% van Hoërskool Ellisras se leerders kan tersiêr gaan studeer in 2017. Die vak met die beste gemiddeld is Visuele Kunse met 72%  gevolg deur Inligtingstegnologie 69.6%.

Cara, wat 88.1% gemiddeld behaal het, gaan Chemiese Ingenieurswese studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Cara is van mening dat mens elke dag iets nuuts moet leer en dit gebruik om van jou ‘n beter mens te maak. Sy is ‘n plaasmeisie en doen ook potlood- en houtskoolsketse. Kuns kalmeer haar. Sy sê dat die Wiskunde juffrou (Esmè Fourie) en Fisiese Wetenskap onderwyseres (Sarette le Roux) haar lewe baie beinvloed het.

Barbara Emslie gaan medies studeer aan die Universiteit van Pretoria hierdie jaar. Sy sê haar ma het haar van kleinsaf geleer dat die lewe jou niks skuld nie. Jy moet blom waar jy geplant is en moet die beste van elke geleentheid maak. Barbara is ‘n veelsydige jongdame wat ook deelgeneem het aan atletiek, swem, netbal, redenaars en debat.

Een ding is seker: Sukses volg net op harde werk, getrouheid en toegewydheid!

 

                                                                                                                                                                                                                  

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube