<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS se atletiekspan is bobaas!

 

Loutjie Steenekamp is aangewys as die Victor Ludorum van die dag.

Tokkie de Beer is aangewys as die Junior Victor Ludorum.

School : 08 Feb 2017 1502 Viewed By Fransa de Beer 0

POLOKWANE - Op 3 Februarie het Hoërskool Ellisras die pad gevat om aan ‘n atletiekbyeenkoms deel te neem in Polokwane. Sewe skole van oral oor het sake uitgespook: Pietersburg Hoërskool, Ben Vorster, Ben Viljoen, Hans Strydom, Frans du Toit, Tom Naude en Ellisras.

Die dag het atletiek uit die boonste rakke opgelewer. Die Rassies presteer uitmuntend en behaal ‘n hele rits eerste plekke: Conrad Prinsloo s o/16 gooi sy diskus 38.60m ver en in die tweede plek is ‘n atleet van PHS met 38.10! Jan du Plessis s o/14 wen 300m hekkies ver met ‘n tyd van 42.30. Die tweede plek is ‘n atleet van Ben Vorster met ‘n tyd van 45.90! Jan wen ook die 200m met 24.15.

Bernice Moller d o/16 wen 400m hekkies met ‘n tyd van 1.18.00s. Loutjie Steenekamp s o/19 kap dit weer soos altyd flou in die 400m hekkies en wen ver met ‘n tyd van 55.59s. Hy wen ook die 200m met ‘n tyd van 21.85s en 110m hekkies 15.22s. Die atleet van Frans du Toit is tweede met ‘n tyd van 16.85! Nelia Grobler d o/17 wen diskus ver met 28.40m. Die atleet in die tweede plek van Hans Strydom gooi 27.90m . Nico Snyman s o/16 wen 800m met 2.10.50s en 400m 53.94s. Murangi Mulaudzi s o/17 wen 1500m met ‘n tyd van 4.05.06s. J Kleinhans s o/14 wen spiesgooi met afstand van 42.37. Larissa Nel d o/19 wen 100m 13.28s en 100m hekkies 15.75s. Arnelia du Plessis d 0/17 wen verspring 4.28m en 100m hekkies 17.50s. Bettie Schoeman d o/16 wen 400m 1.08.19s. Donald Ramosobane s o19 400m 53.35s. Divan Geldenhuys s 16 wen hoogspring 1.70m.

Tweede plekke word verower deur: Renè Alberts d o14 met hoogspring 1.36m. D Potgieter d o14 gooi die die diskus 25.05m. Johan J v Niewenhuizen s 0/16 gooi die spies 51.93. Rianza Gouws d o16 kom tweede in gewigstoot met ‘n afstand van 9.98m. Donald Ramsobane s o19 800m 2.07.66 en 3000m 10.22.82.  Bianca Nel d o15 200m 27.97s en 400m 1.05.40s. Tokkie de Beer s o15 200m 24.00s. M Matsoma d o16 200m 27.03s en 100m 13.28s. Janco Lotter s o15 gewigstoot 12.13m die atleet van PH Swat gewen het gooi net 4cm verder!

J Pistorius s o17 diskus 43.45m. Janus Reynecke s 0/19 kom tweede in diskus 36.86m. Jeanette Makgae d o/15  90m hekkies 17.22s. Bernice Moller d 0/16 100m hekkies 17.25s. Christiaan Young 110m hekkies 16.68s.

Derde plekke word verower deur: J Lotter s o/15 spiesgooi 44.74m. A Venter s o/17 400m hekkies 1.02.30s. J Kleinhans s 0/14 gewigstoot 11.74m. Joel Sibanda s o/17 800m 2.13.56s. Renè Alberts d o/14 verspring. J Vermaak d o/15 diskus 23.22m. Larissa Nel d o/19 200m 26.75s en verspring 4.45m. J Opperman s o/16 1500m 5.02.84s. M koekemoer d o/16 diskus 22.51m. C Prinsloo s o/16 gewigstoot 13.23m. N Perriewr d o/16 hoogspring 1.35m. Jan du Plessis s o/14 100m 12,32s. Bianca Nel d o/15 100m 13.69s. A van Rooyen d o/14 400m 1.10.31s.  F Pistorius s o/17 400m 54.71s. C Snyman d o/19 400m 1.06.59s. J Peters d o/14 90m hekkies 17.38s. T de Beer s o/15 100m hekkies 14.81s.

Top 10 atleteseuns is 1. Loutjie Steenekamp s o/19 200m 807 ASA, 2 Loutjie Steenekamp s o/19 110m hekkies 792 ASA 3. Tokkie de Beer s o/15 100m hekkies 739 ASA. 4. Loutjie Steenekamp s o/19 400m hekkies 735 ASA. 5. Jan du Plessis s o/14 200m 703 ASA. 6. J Pistorius s o/17 diskus 687 ASA. 7. Christiaan Young s o/16 100m hekkies 684 ASA. 8. Nico Snyman s o/16 400m 681 ASA. 9. Murangi Mulaudzi s o/127 3000m 674 ASA. 10 Jan du Plessis s o/14 300m hekkies 668 ASA.

Dogters top 10: 1. Daney Pogieter d o/14 gewigstoot 797 ASA. 2. Rianza Gouws d o/16 gewigstoot 787 ASA 3. Larissa Nel d o/19 100m hekkies 781 ASA. 4. Maruschka Robbertse d o/16 gewigstoot 767 ASA. 5. J Vermaak d o/15 gewigstoot 744 ASA. 6. N Grobler d o/17 gewigstoot 736 ASA. 7. Ouma Mphulo d o/19 gewigstoot 736 ASA. 8. M Matsoma d o/16 200m 733 ASA. 9. Nelia Grobler d o/17 diskus 728 ASA. 10 Larissa Nel d o/198 200m 717 ASA.

Die volgende atletiekbyeenkomste vind plaas op: 10 Februarie Vriendskaplike byeenkoms te Nylstroom 11 Februarie Dirstrik by Ellisras, 25 Februarie Frikkie Meyer Interhoër.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube