News:
15 November 2013
Die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes het onlangs ‘n Algemene Jaarvergadering gehou waartydens ‘n nuwe Uitvoerende Bestuur vir die volgende 2 jaar 2013 – 2015 verkies was. Die uittredende voorsitter, Ds Peet Venter, het afgesluit deur te sê hy hoop en vertrou dat die werk by die Dienssentrum net van krag tot krag sal gaan en het die nuwe bestuur gevra dat hulle die bejaardes van die dorp sal dien en nooit die groter doel uit die oog sal verloor nie. Die Dienssentrumbestuurder, Estelle Hartzenberg, se jaarverslag is met dank en waardering aanvaar waarna die volgende Uitvoerende Bestuurslede verkies is: Dries Coetzer (voorsitter), Dawie Kotze (onder voorsitter 2de termyn), Johan Kirchner, Tilla van Zyl, Morné Jooste, Pieter Prozesky, Past. Louis Lourens, Carel Chalmers, Joan Erasmus, Willie Pruis, Korny Dekker en Willie Heyneke.