News:
24 October 2013
ANC raadslid, Daan Erasmus, gaan na 13 jaar as raadslid in die Lephalale munisipaliteit weens gesondeheidsredes aftree. Hy het
onlangs aan Noordelike Nuus vertel dat hy baie graag nog op die raad sou wou dien omdat die uitdagings in Lephalale al hoe groter word. Hy wens sy kollegas alle sterkte toe vir die taak wat voor hulle lê. Erasmus is in Lephalale gebore en het hier grootgeword, hy het sy politieke loopbaan as DA raadslid begin, maar het twee jaar later oorgestap na die ANC. “Ek hoop om ten spyte van my aftrede nog ‘n rol in Lephalale en ook die ANC te kan speel.”