Searching for "" in "News"

 

7 Rhino suspects arrested

News: 18 October 2013 By Christie Thomas
Seven alleged rhino poachers were arrested near Tolwe last Saturday. One suspect is a South African citizen and the rest are of Zimbabwean and Mozambican origin.

Mashemaite’s last stand?

News: 18 October 2013
Mogalakwena mayor, Thlalefi Mashemaite, this week pulled out all the stops in trying to prevent municipal manager, William Kekana, from returning to work after council last week adopted a resolution to have him reinstated.

Maak seker oor uitlanders se werkspermitte

News: 18 October 2013
Mense wat buitelanders sonder die nodige verblyf-, werk- of studie permitte in diens neem of aan hulle akkommodasie verskaf sal stywe boetes opgelê word of kan selfs in die tronk beland. Dit was die waarskuwing van die departement van binnelandse sake se Maria van Staden tydens verlede week se GPF vergadering in Mokopane.

Is daar nou krag in Lephalale of nie?

News: 18 October 2013
Die Lephalale Sakekamer het hierdie week bekendgemaak dat daar dalk tog wel ‘n lig aan die einde van die tonnel vir ontwikkelaars in Lephalale kan wees. Noordelike Nuus het vroeër berig dat die Lephalale munisipaliteit geen krag aan nuwe bouprojekte kan voorsien tot einde 2015 nie. Verskeie ontwikkelaars wat reeds sertifikate vir kragvoorsiening in hul besit gehad het, het ook gehoor dat daar nie vir hulle krag is nie.

Franse sjiek met ‘n Bosveld-gevoel

News: 18 October 2013
Lephalale inwoners hou al vir maande die vordering dop aan die PSG gebou wat op die hoek van Wells straat en Nelson Mandela-rylaan gebou is. Met sy houtluike, windpomp en pragtige tuin trek die gebou beslis die oog. Maar dit is die elegante en goed deurdagte interieur wat ‘n mens binne beïndruk. Die gebou behoort aan Frik Malan van PSG en saam met sy vrou Yvette Malan van Yvette Malan eiendomme het hulle die imponerende gebou omskep in wat ‘n mens kan noem - Franse sjiek met ‘n Bosveld-gevoel. By ‘n spoggeleentheid verlede Woensdagaand is die gebou amptelik ge-open en hier het die Malan’s almal wat betrokke was by die ontwerp en bou van die die PSG gebou bedank. Na die rooi lint geknip is, kon gaste deur die kantore met sy pragtige Franse styl interieur stap en heerlike vingerkosse geniet. Die gebou huisves tans PSG, Yvette Malan Eiendomme en Staff You Need.

Wie vergiftig Koos se honde?

News: 18 October 2013
Koos du Toit van JG Strydomlaan in Mokopane sê daar is die afgelope twee jaar nou al agt van sy geliefde Noord-Amerikaanse Indiaan honde vergiftig.

A life without drugs

News: 18 October 2013
He begged the police to put him back in his prison cell when he realised the people who were there to take him “home” were taking him to a rehabilitation centre in Steenbokpan. These strangers drove all the way from a farm in the Bushveld to a prison in Hillbrow after a desperate call from his mother. They were there to give him hope - a possible escape from a life of drug addiction which stretched over 12 year.

Dagga use - the scourge of our youth

News: 18 October 2013
A group of young boys aged 17 and one 14 gathers in an open veld in Onverwacht, Lephalale, sharing a dagga joint. Two puffs each before they pass the joint in rotation, writes Tebogo Tlhako.

Volksanggroep trek ‘n nuwe baadjie aan

News: 18 October 2013
Die Skemeruur Volksang Groep het verlede Vrydag in hul nuwe baadjies by Mokopane se Dienssentrum vir bejaardes opgetree. “Hulle tree al vir jare in hul rooi baadjies op en nou het ons vir hulle ‘n pragtige stel nuwe uitrustings gekoop uit die fondse wat ons met die Kierieklapper Kunstefees ingesamel het, het dienssentrum bestuurder, Estelle Hartzenberg Vrydag gesê. Tannie Mart Beukes wat aan die hoof van die sanggroep staan, sê die koor is in 1982 gestig en tree gereeld op by gesellighede en geleenthede in die omgewing. Sy nooi enige pensioenarisse wat by die koor wil aansluit om haar te skakel by 015 491 4961 of 072 138 1827.

Hierdie Potties kán spel

News: 18 October 2013
Hier is die leerders van Hoërskool Piet Potgieter wat onlangs by die provinsiale Wow Spel-kompetisie deurgedring het na die nasionale kompetisie wat hierdie naweek in Stellenbosch aangebied word.

Onnies wys hul ‘ander’ klere

News: 18 October 2013
Terwyl die Graad 7's loopbaan dag gevier het, het onderwysers by Laerskool Krugerpark Vrydag ‘n laat Onderwys dag gevier. Onderwysers het aangetrek om die loopbane uit te beeld wat hulle sou kies as hulle iets anders as onderwysers moes word. Die skool se sekretaresses het ‘n heerlike geselligheid gereël om aan die onderwysers erkenning te gee vir hul harde werk en toewyding. Skoolhoof Johan Vertongen sou steeds 'n soldaat wees, as hy nie 'n onderwyser geword het nie.

Krugies hou loopbaandag

News: 18 October 2013
Vrydag was loopbaan dag by Laerskool Krugerpark en die Graad 5 leerders het die geleentheid gehad om uitrustings wat hul droom beroep uitbeeld skool toe aan te trek.

OK Grocer Marula crowned as winner!

News: 18 October 2013
Rose and Manny Goncalves from OK Grocer Marula walked away with the esteemed title of Franchisee of the Year in the OK Grocer category. The prestigious Franchisee of the Year Awards ceremony took place during OK’s annual conference in Beijing, China in September.

Cherise is Miss SA Schools 2013

News: 18 October 2013
Laerskool Bosveld Primary Graad 7 leerder, Cherisé Mans is Saterdag by ‘n kroningsgala in Pretoria aangewys as Miss SA Schools 2013 in die kategorie Graad 5-7.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube