Searching for "" in "News"

 

Oom Faantjie se laaste noot

News: 07 October 2013
Oom Faantjie Nel wat gereeld by die Piet Potgieter Monument Ouetehuis se funksies en gesellighede klavier gespeel het, is Saterdag-oggend op 83-jarige ouderdom oorlede.

Spesialiseenheid vir plaasaanvalle?

News: 27 September 2013
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê dit is duidelik – uit die misdaadstatistiek wat verlede Donderdag bekendgemaak is – dat die Polisie se spesialiseenhede ’n beduidende bydrae gelewer het in die afname en bekamping van prioriteitsmisdade die afgelope finansiële jaar.

Celebrating our heritage

News: 27 September 2013
The Mogalakwena municipality celebrated heritage day at the Makapan’s Valley World Heritage Site on Friday. The site is home to the cave of hearths, which is one of only two Stone Age sites in the world that contain an unbroken sequence of artefacts. People from all over the Waterberg area came to celebrate the different and diverse cultures the region has to offer. “We are proud to be part of this world heritage site, we are here to celebrate and respect each other’s cultures and give thanks to our ancestors,” said Mayor Tlhalefi Mashamaite.

Pre-paid water now in Mokopane

News: 27 September 2013
Residents of Mokopane can now have pre-paid water meters installed at their homes. Justice Mukweuho told delegates at last week’s business chamber meeting that these metres have already been installed in RDP extensions 14 and 19.

Gebede vir Nathi

News: 27 September 2013
Nathan Hogan, ‘n vier-jarige kleuter van Lephalale wat onlangs met neuroblastome gediagnoseer is, het verlede Maandag met chemoterapie in Steve Biko hospitaal in Pretoria begin. Hoewel hy die naweek by die huis was, moes klein Nathi, soos hy genoem word, weer Woensdag hospitaal toe vir verdere behandeling. ‘n Port a cath is verlede week by hom ingeplant wat amper soos ‘n permanente drip, chemoterapie toedien. ‘n Kwaadaardige gewas groei agter sy hart en dokters vrees dat die gewas na sy rugstring versprei het, wat maak dat hy soms sukkel om te loop. Om die gesin te ondersteun besoek gerus die Facebook-blad Blou vir Nathan, bankbesonderhede is ook daarop beskikbaar.

Raaiselagtige aanval op hond

News: 27 September 2013
Dit was ‘n noue ontkoming vir Pinkie, ‘n wors-bokkiehond-kruising toe sy Saterdag-aand in Onverwacht aangeval en met ‘n skerp voorwerp geslaan is. Ralie Bridges, Pinkie se eienaar vertel dat sy net na 20:00 saam met Pinkie uit hulle eenheid in Zebra village gestap het.

‘Fix your business mind,’ says expert

News: 27 September 2013
To change your results in life and in business, you need to change the way you look at yourself and life in general. This was the message from motivational speaker, John Broome, when he addressed delegates at Mokopane Business Chamber’s monthly members meeting at The Honeyball last Thursday.

Hulle staan reg vir Alzheimer inwoners

News: 27 September 2013
Personeel van die Piet Potgieter Monument Ouetehuis in Mokopane het onlangs hul agt-week kursus voltooi in die versorging Alzheimer pasiënte. Hulle was die laaste groep van die tehuis se personeel wat hierdie kwalifikasie moes behaal. “Nou is ons almal gekwalifiseerd om na ons inwoners wat aan Alzheimers ly om te sien,” het die ouetehuis bestuurder, Mariaan van Tonder verlede week aan Noordelike Nuus gesê.

Te kort aan beddens by Modimolle

News: 27 September 2013
Dit het verlede week be-kend geword dat pasiënte by die F.H. Odendaal hospitaal in Modimolle (Nylstroom) op matrasse op die vloer moet slaap, omdat daar nie genoeg beddens in die hospitaal is nie. Volgens ‘n persverklaring wat deur die DA uitgereik is, moet verpleegsters van hulle eie kos aan pasiënte gee omdat daar nie genoeg kos by die hospitaal is nie.

Nedbank vier Erfenis dag in styl

News: 27 September 2013
Nedbank Mokopane het verlede Vrydag op vrolike wyse Erfenisdag erken. Werkers het almal in hul tradisionele drag by die werk opgedaag. Daar was alles van tradisionele Pedi vroue tot trotse Boere krygers.

Bosveld se matrieks hang uit!

News: 27 September 2013
Die Bosveld se matrieks het verlede week omtrent uitgehang, nie net wat die uitrustings aanbetref nie, maar ook die interessante vervoermiddels waarmee die leerders en hul metgeselle gearriveer het. Sportmotors waarvan mens net kan droom, ‘n kruiwa in Lephalale en ‘n piepklein mini in Mokopane. In Lephalale was daar tot ‘n verskeidenheid konstruksievoertuie! Menige uitrustings is deur mammas self gemaak of deur leerders self ontwerp. Daar was sowaar ook ‘n rok uit Spanje en Peet Reyneke het sy pa se volle weermag uniform gedra wat dateer uit valskermbataljon-dae. Dit was inderdaad ‘n aand vir die dorp waar tot die oues van dae ook weer kan jonk voel en wonderlike herinneringe beleef! Met spesiale dank aan Fransa de Beer, Ockert van der Westhuize, en Adele Essakow.

Bossies en Broers sing saam

News: 27 September 2013
Die sanggroep Die Broers het verlede Woensdag saam met Laerskool Bosveld Primary leerders op die skool se rugbyveld tydens die Bossies se jaarlikse konsert opgetree. Christo, Kobus en Nic het pragtige tradisionele Kers liedjies saam met die Bossies gesing en daarna die gehoor met van hulle ou bekendes soos Trein na Margate en Huis toe vermaak. Die drie Snyman broers, wat al op laerskool begin musiek maak het woon tans in die Kaap, maar toer gereeld saam. Dit is hulle tweede optrede in Lephalale en sê hulle geniet veral informele optredes soos die van Woensdagaand. Hulle het darem ook genoem dat die Bossies hulle beïndruk het met hulle sang en goeie dissipline. “Êrens het ek ‘n stemmetjie gehoor wat dalk ‘n volgende Steve Hofmeyr kan wees,” het Christo geskerts.

Dancing to celebrate their heritage

News: 27 September 2013
Mokopane Primary School showed off their talented Grade 6 dancers last Friday at the school’s Heritage Day activities. The group known as the “lemene mene” dancers have been training for weeks under the watchful eyes of their educators, Zulaikha Omar, Martha Mothwa and Rebecca Chokwe.

Oom Willy en die Brahmane

News: 27 September 2013 By Alet van der Walt
Ons sit en praat oor die renosters wat so doodgeskiet word toe Oom Willy en Pa kom koffie drink. “As ek nou nog 'n jong man was en nog soos lankal 'n behoorlike mes gehad het, het ek die hele renoster probleem opgelos en was ek boonop sommer skatryk ook.” Sê Oom Willy.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube