Searching for "" in "News"

 

Piet Pot se eistedfod uitblinkers wys hul werk

News: 13 September 2013
Studente van die Piet Potgieter Kunsklub het onlangs aan die Innibos Kunsfees se kuns-Eistedfod by Endoweni in Nelspruit gaan deelneem. Dit is die enigste kunsskool wat uit Limpopo gaan deelneem het. Van links is: Maryna Oosthuizen, Lané du Plessis, Sunette Human, Chanté du Plessis, Chrisna Malan, Catherine Venter, Karen Smit (dosent), Jana Kirchner, Danêl Vorster, Julie van Rooyen, Jade van den Bergh en Piet Potgieter hoof, Jas Hansen. Voor is: Michelle Vorster, Ralien de Beer, Cara Sinclair, Cecilia Engelbrecht, Kyle Vorster, Gallan van der Merwe, Francois Marais, Heidi Klemp en Germari Steyn. Rochelle Gunn en Charmaine Vorster was afwesig.

Eistedfod medaljes vir Krugie-kunstenaars

News: 13 September 2013
Hierdie jong kunstenaars van Laerskool Krugerpark is almal studente van die Piet Potgieter Kunsskool wat onlangs baie goed presteer het tydens ‘n onlangse kuns-Eistedfod. Die Eistedfod is as deel van die Innibos Kunsfees by Endoweni Casino in Nelspruit gehou. Van links is Elizka Ruytenberg, Marelieke Ferreira, Karen Smit (dosent), Aldré Potgieter en Sharizma Nel. Voor is Marco Ferreira en Kayla Erasmus.

Waterberg High School spell bound

News: 13 September 2013
A selected number of grade 9 students were invited to the Mogalakwena Public Library last week Thursday as part of the national literacy week.

Rooi gevaarte verseker dubbele oorwinning

News: 13 September 2013
Om seker te maak die kuipspanne raak nie aan die slaap nie, het moeder natuur verlede Donderdagaand tot die drama van die jaarlikse kaskar Grand Prix van Hoër- skool Piet Potgieter bygedra met ‘n ligte motreën. Maar die Graad 9B’s en 11A’s se reënbande was duidelik opgewasse teen die klam renbaan, want beide spanne het onderskeidelik as juniors en seniors gewen. Dat motortegnologie ‘n groot rol speel in hierdie Grand Prix is net weereens bewys deur dieselfde motor wat vir beide renspanne ‘n oorwinning verseker het. Maar die manier waarop die Graad 9A’s se pienk blits deurentyd in die voorlopers se nek geblaas het, wys dat enigiets in die toekoms van die Grand Prix kan gebeur, veral met baie motorbouers wat deesdae oorslaan van betroubare ou kruiwawiele na moderne fietswiele

’83 se Rassies kuier saam

News: 13 September 2013
Die 1983-matriekgroep van Ellisras Hoërskool het die naweek van 23-25 Augustus hul 30 jaar reünie gehou en heerlik saamgekuier by ‘n vakansie-oord tussen Vaalwater en Lephalale. Daar is tot ounag om die Bosveldvure nuus uitgeruil en gepraat oor vervloeë se dae. Die groep beplan om in die toekoms elke vyf jaar reünie te hou.

Thai food delight

News: 13 September 2013
Good news for lovers of oriental foods is that a new Thai food restaurant has opened its doors in Lephalale. The Thai Yok Restaurant in the Onverwacht Business Center serves traditional Thai food such as Tom Yam Kung – a favourite according to Chef Thana Wongfong. He also strongly recommends the fried noodles with soy sauce. The menu consists of a variety of curries, stir fires, soups, salads and desserts. The restaurant has a liquor license and even has a small stage for karaoke enthusiasts.

Wildsfees is nou instelling

News: 13 September 2013
Die Mokopane gemeenskap het die naweek lekker saamgekuier by Hoërskool Piet Potgieter se wildsfees. Dié fees is verlede jaar vir die eerste keer aangebied as deel van die skool se 70ste verjaardagvieringe, maar was so ‘n groot sukses dat dit ‘n jaarlikse instelling gemaak is waar besighede of individue lapa’s huur en dan van bestanddele voorsien word om hul eie wildspotjie te maak. Deur die loop van die fees was daar ook wildsprodukte soos wildspastei, salami, en droëwors te koop en vir die dors was daar ‘n koffietafel en kontantkroeg beskikbaar. Foto's: Adele Essakow

Toekennings vir toneelgroep

News: 13 September 2013
Hoërskool Piet Potgieter se tienertoneelgroep bly maar in die nuus met toekennings vir uitsonderlike prestasie. Hulle is onlangs tydens die ATKV tienertoneeltoekennings in Sasolburg vereer met individuele toekennings. Van links agter is: Dewald de Beer, Rudolf Jacobs, Rikus Strauss en Jan Barwise. Voor is: Jana-Lené van Eck, Marina Vorster en Jana Kirchner.

Boere dalk só hul plase kwyt

News: 10 September 2013
Voorstelle deur parlementslede wat deel uitmaak van ‘n groenskrifwerkgroep, dat plaaswerkers aandele in plase moet kry, het landbou-unies baie bekommerd.

Bewustheidsveldtog om renosters te red

News: 10 September 2013
Hoe verder hy loop, hoe swaarder word die veselglasrenoster wat Anton Fouché van Pretoria al langs die N1-snelweg tot in Musina sleep. Die swaar lê in die rooi kolle op sy veselglasreplika wat elk nóg ‘n renoster verteenwoordig wat in Suid-Afrika geskiet is.

Medupi contracts to be made public

News: 10 September 2013
Contracts related to the Medupi building project will soon be made public. The DA announced this week that Eskom has complied with the DA’s application for access to all Medupi contracts in terms of the Promotion of Access to Information Act (PAIA)

Brand laat Smit-familie bontstaan

News: 10 September 2013
‘n Brandslaner krap ‘n stuk brandende plastiek uit die gras nadat die vuur op Ken en Tersia Smit se plaas, Moordrift, net buite Mokopane, verlede Donderdag onder bedwang gebring is. ‘n Rondloper wat deur die draad geklim het om in die Nyl Rivier Boskamp se dam te kom visvang, was na bewering verantwoordelik vir die veldbrand. Die Smitte moes vroeg Vrydagoggend bontstaan toe die brand weer op-vlam. “Gelukkig kon ons dit finaal blus voordat ons weiding verloor of ander skade gely het,” het Tersia gesê. Sy het ook die munisipaliteit se brandweerspan geloof vir hul vinnige optrede en bystand. Inlas: ‘n Verkeersman van die Mogalakwena munisipaliteit hou die rookwolk van die vliegveld se kant af dop.

Progress at the Medupi project

News: 10 September 2013
The last of six generator stators, an integral part of the huge generators at the Medupi power plant, was lifted into position last Saturday. 

Weet jy van Rainbow Meat Group?

News: 10 September 2013
Rainbow Meat Group in Mokopane is moontlik een van die dorp se bes-- bewaarde geheime. Effens versteek agter die harwar van verkeer by die Shoprite-ingang in Pretoriusstraat, kyk die slaghuis uit oor ‘n groot parkeergebied wat deur ‘n voltydse wag soos ‘n valk dopgehou word. Stap jy deur die dubbele plastiekstrookgordyne wat die Bosveldhitte buite hou, is jy meteens in ‘n silwerskoon vleissupermark. Die vooraansig verraai niks van die enorme winkelvloer met rye yskaste vol vars vleis, hoender en visprodukte nie. Daar is selfs kruideniersware, skoonmaakmiddels en vuurmaakhout te koop. Of jy nou van jou A-graad T-bene gemarineer en verpak hou, of ‘n agter-kwart na jou smaak wil laat verwerk, Rainbow Slaghuis het dit als. En die gehalte is tops - vra maar die aankopers by baie van Mokopane se bekende eetplekke. Die eienaar, Charles Booysen, en sy bestuurder, Louis Jansens, is besonder trots op hul biltong en droëwors. “Ons glo dis die lekkerste biltong en droëwors in die Bosveld,” sê Louis. Hy vertel dat baie jagters van ander plekke hierheen kom om hul wilds-karkaste in te handig vir verwerking en dan aandring op Rainbow se spesiale speserymengsel. Indien jy iets soek om aan te peusel, of die maand se vleis en kruideniersware wil koop, maak gerus ‘n draai by Rainbow Meat Group in Pretoriusstraat. Kliënte kan ook skakel met bestellings wat hulle later kan kom oplaai. Rainbow lewer ook af vir bestellings van meer as R500.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube