Searching for "" in "News"

 

Lekkende pype se Moses!

News: 02 September 2013
Rian van Heerden, nuts- en sakeman van Mokopane, het nou nog ‘n besigheid onder sy Home Handyman vaandel.

Jagters kies nuwe komitee

News: 02 September 2013
Die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging se Soetdoringtak het Saterdag sy algemene jaarvergadering by die RC Brits skietbaan op Maribashoek buite Mokopane gehou. Ondanks ‘n ysige wind wat gewaai het, was daar baie lede wat saam oor die nuwe bestuur van die tak kon besluit. Paul du Plessis is herkies as voorsitter en Ferdi Bam is as ondervoorsitter in Mark Howitt se plek verkies. Howitt gaan egter steeds op die bestuur dien in sy hoedanigheid as bewaringskoördineerder. Hier is die hele bestuurspan van links agter: Ferdi Bam, Mike Marcey (skiet koördineerder), Piet Venter (junior opleiding), Jolene Venter (tessourier), Willem Engelbrecht (addisionele bestuurslid), Kas de Meyer (jagmeester). Voor is Paul du Plessis, Chandré de Lange (sekretaresse en ledesake) en André de Lange (opleidingskoördineerder). Afwesig: Mark Howitt en Cobus Deacon (senior opleiding). Foto: Jasper Raats

Gideon Petrus (Piet) Lamprecht 20/04/1932 - 15/08/2013

News: 02 September 2013
As Piet Lamprecht ‘n boom was, was hy ‘n Kremetartboom - groot en sterk, sê sy vier kinders. Die Bosveld lê nie verniet vol staaltjies waarin hulle pa op een of ander wyse die held was nie.

Pippie se storie inspireer

News: 02 September 2013
Die boek Pippie is verlede Donderdagaand by die CNA boekwinkel in Lephalale bekendgestel. Inwoners in Pippie se tuisdorp was die eerste in die land om die boek op hulle winkelrakke te hê. Haar ouers, Erwin en Anice Kruger, Pippie en boetie, Arno, was daar om die lang verwagte boek bekend te stel.

Baby house needs help

News: 02 September 2013
Thula Thula Baba Baby House in Mokopane this week called on the public to assist the project financially and with some much needed baby care items. Any donation of baby food, nappies and clothes will be a great help.

Genesing in klei en verf

News: 02 September 2013 By Valerie Cilliers
Op die plaas Doringkopje in die Steenbokpanomgewing vind ek haar, ‘n juweel in die Bosveld. ‘n Kunstenaar wat jou asem wegslaan met haar skilderye - hartswerke wat met olieverf en kwas emosie perfek vasvang.

Getekende bloubultrui vir die hoogste bod

News: 02 September 2013
Bloubulondersteuners moet beslis nie die veiling by Laerskool Bosveld Primary se gholfdag op 14 September by die Mogolklub misloop nie. Een van die items wat opgeraap kan word, is ‘n geraamde Bloubultrui wat onlangs deur die span geteken is.

Oom Willy se sakdoek...

News: 02 September 2013 By Alet van der Walt
Ma is besig om ons kinders se klere reg te kry vir skool toe Pa en Oom Willy kom koffie soek. Elke skoolhemp kry so klein naambandjie op wat Ma aan die binnekant vasstik sodat ons kinders se klere nie wegraak nie. Oom Willy bekyk die merkery so met die inkomslag en voor Ma nog kan koffie aanbied, begin Oom Willy al vertel.

Amper grootskool toe!

News: 02 September 2013
Laerskool Bosveld Primary het verlede Woensdag hul opedag vir voornemende Bossies gehou. Hierdie “amper” graad 1’s kan nie wag om volgende jaar hul skoolklere aan te trek nie.

Boere hou fees!

News: 02 September 2013
Meer as 700 mense het verlede naweek die heel eerste Boerefees by die veilingskrale in Lephalale bygewoon. Heerlike musiek deur die Potties boeremusiekgilde, ‘n optrede deur Thys die Bosveldklong, 4x4- en vierwielmotorfiets-ritte, boeresport en ‘n braaikompetisie het die naweek onvergeetlik gemaak. Feeskommiteevoorsitter, Pieter van Zyl, bedank graag almal wat betrokke was by die verrigtinge. “Volgende jaar gaan ons nog groter,” sê hy. Die wenners van die braaikompetisie was: 1ste plek Claudia Ellis, 2de plek Ariano Motors en 3rde plek het gegaan aan Jannie Lewies.

Belastingbom bars

News: 23 August 2013 By Jasper Raats
Landbougrond wat in die Mogalakwena munisipale area val is met 75% oorbelas sedert die nuwe grondbelastingwet in 2008 in werking getree het. Dié skokonthulling is Saterdag tydens ‘n boerevergadering in die Hanglip Boeresaal by Sterkrivier deur eiendomskonsultant en onderhandelaar, Frans Durandt gemaak.

Mallewales 'n wenner!

News: 23 August 2013 By Jasper Raats
Hoërskool Piet Potgieter se toneelproduksie, Mallewales, is gekroon as die ATKV tiener-toneelkompetisie se Gauteng-Wes streekwenners.

A narrow escape

News: 23 August 2013
The driver of this Mercedes Benz had a narrow escape on Saturday when the vehicle he was driving plunged into a ditch in Onverwacht. According to a friend of the driver the vehicles brakes failed. The driver’s arm was injured in the accident.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube