Searching for "" in "News"

 

Town’s swimming pool may finally open!

News: 16 August 2013 By Jasper Raats
Residents of Mokopane this week phoned Northern News offices to enquire about workers cleaning and irrigating lawns at the Municipal swimming pool which has been closed for the last couple of years.

DA wants access to Medupi agreements

News: 16 August 2013
The DA announced on Tuesday that it submitted an application for access to all agreements between Eskom and all its contractors at the Medupi Power Station in terms of the Promotion of Access to Information Act (PAIA).

‘Employ locals’ - community tells Platreef

News: 16 August 2013
Employment of local labour was one of the main concerns raised by members of the various affected communities that attended Platreef's public participation meeting at Mmadikana Staduim outside Mokopane on Sunday.

Kansa kwilt gaan Louis Trichardt toe

News: 16 August 2013
Die kwilt wat Mokopane se kwiltersgroep, die Loslappies, byna ‘n jaar gelede aan Kansa geskenk het om te gebruik in ‘n fondsinsamelingsprojek is Saterdag tydens die Kierieklapper Kunstefees gewen deur Driekie Vorster van Louis Trichardt.

Potfees bars uit sy nate

News: 16 August 2013
Omtrent 850 mense het vanjaar die Potfees by die Boskroeg net buite Lephalale bygewoon. Terwyl die potjies geprut het, het kunstenaars soos Karlien Husselman, Joe F, Anton Botha, Zandré (foto), Hendri en Dewald Dippenaar die gaste vermaak. “Dit was die beste en grootste potfees nog,” sê die eienaar van die kroeg, Jurgen van Rensburg. Hy bedank graag almal wat dit bygewoon het en sê hy sien reeds uit na aanstaande jaar se fees. Die potjiekos wenners was: 1ste plek - Ben Harmse se span: Mbogo Safaris , 2de plek - Ester van Vuuren rekenmeesters se span: Bielie van ‘n Bok, 3rde plek - Claude en Nelis se span: Pieter se 6de Verjaardag Beste en Gees van die dag: Peri Construction. Fotos: Heinrich Wolfaardt

Fees het behoorlik gekook!

News: 16 August 2013
Meer as 22 000 mense het verlede week die Kierieklapper Kunstefees in Mokopane ondersteun met Steve Hofmeyr, Nadine en Snotkop wat die grootste aftrek gekry, sê Johan Kirchner, voorsitter van die Kierieklapper-feeskomitee.

Motorwedrenne terug in Potties!

News: 16 August 2013
Die dae wat Mokopane se motorrenjaers by klubs in omliggende dorpe moes aansluit om hul sport te beoefen, is verby. Die Bosveld Wedrenklub is terug en spring more (Saterdag 17 Augustus) weg met die eerste wedrenne hierdie jaar in Mokopane! Karien Ruytenberg wat nou betrokke is by die sport en die klub self, sê daar was ‘n behoefte vir Potties se jaers om weer bymekaar te kom en die spangees weer terug te kry wat vroeër jare almal soos ‘n familie laat voel het. Die klub spog sommer dadelik met ‘n hele klompie lede. “Selfs manne wat die laaste ruk nie gery het nie en wie se karre gestaan het, het ook sommer dadelik aan die werk gespring en begin om hul motors weer reg te kry,” vertel Karien. “Ons hoop om al ons ou getroue ondersteuners asook nuwe belangstellendes Saterdag te sien en ‘n opwindende dag saam te geniet.” Ondersteuners sal Potties drywers soos Boela Bekker, Jan Venter, Joseph Bothma en Louis Ruytenberg nog onthou. Hulle is Saterdag weer op die Bosveld Ovaal in aksie! En natuurlik ken almal die Cooper Racing Team! Hulle het die afgelope tyd hulle meer toegespits op ‘drifting’, maar het hulle spesiaal vir Saterdag hulle resieskarre afgestof om vir Potties te ry. Nuwe jaers vir wie almal kan uitkyk is Jacques Daniel (Jackie), Banie Oelofse en Marius Smit. Nuwe jaers wat die bestaande jaers gaan aanvat om eerste verby die geruite vlag te jaag, beloof groot opwinding Karre vanaf ander klubs het reeds aangedui dat hulle die Bosveld Wedrenklub se eerste wedren gaan kom ondersteun. Die hekke open om 12:00 en toegang is R40 per volwassene en R20 per laerskool leerder. Voorskoolse kinders kan gratis ingaan. Wedrenne begin om 18:00. Vir enige navrae oor die klub of as iemand belangstel om betrokke te raak by motorwedrenne kan hulle Louis Ruytenberg by 082 804 3483 of Fred Cooper by 083 444 6615 bel.

Soveel meer as ‘n eetplek

News: 16 August 2013
Squirrels, die gesinsrestaurant en gastehuis net suid van Mokopane, voel deesdae meer soos ‘n tradisionele plaaskombuis met lekker boerekos as ‘n Europese kuierplek in die Bosveld. Dít is omdat Riana en Albie Olivier, op wie se grond die restaurant gebou is, die besigheid nou op hul eie bedryf.

Groot loop maak plek vir fietsmarathon

News: 16 August 2013
Kansa Mokopane gaan nie hierdie jaar die tradisionele Loop van Hoop aanbied om fondse in te samel vir die organisasie nie, maar gaan in samewerking met Debtsafe en ander borge op 12 Oktober ‘n bergfietswedren en opwindende program vir oud en jonk by die Mokopane Wildteelsentrum aanbied.

Dok en prok kraai koning

News: 16 August 2013
Shaun Mcgrath en Jimmy van den Berg was die wenners van hierdie jaar se Kierieklapper Kunstefees gholftoernooi wat Vrydag en Saterdag by die Kameeldoring buiteklub gehou is.

Skimzozo ladies went all out on Bucks

News: 16 August 2013
Skimzozo ladies soccer team in Marapong had Bushbucks ladies team eating out of the palm of their hands when they played a friendly match on Friday at Shongoane.

Winter selection – pick the right jig

News: 16 August 2013 By Christie Thomas
One of my favourite lures to fish with is a jig. I will fish with a jig whenever I can, from spring all the way through the season to the next spring. But, there is a secret to fishing successfully with a jig throughout the year. You need to pick the right jig to suit the season, and dress it accordingly.

Kaalvoetatleet wen pretdraf!

News: 16 August 2013
• Thopelo Matjabela was die eerste mansatleet om Saterdagoggend oor die wenstreep te draf tydens die Kierieklapper Kunstefees (KKKF) se pretdraf. Wat Matjabela se prestasie besonders maak is dat dié atleet die 10km kaalvoet afgelê het. “Ek besit nie drafskoene nie, en het nie geld om vir my ‘n paar te koop nie,” het hy na die tyd aan Noordelike Nuus vertel. Die prys vir die eerste vrou oor die wenstreep is gedeel deur Liesl de Beer en Annemarie Kruger. Hulle het saam-saam oor die wenstreep gedraf. • Thabang Phosa en Koketso Ramotebele was onderskeidelik die eerste en tweede hoërskool leerders oor die wenstreep. Saam met hulle is Johan Kirchner, KKKF voorsitter. • Karobo Maripa was die laerskoolwenner met Martiens Oosthuizen kort op sy hakke. • Gift Selwanbe was die eerste senior mansatleet in die 5km wedloop en Carmen Badenhorst was die eerste vroue atleet. • Wimpie Pretorius het die 5km-veteraan manswedloop gewen en Joelene Venter het onder die vroue met die louere weggestap. • Gere Mommsen was die eerste voorskoolse seuntjie en die dogtersprys is gedeel deur Isabelle Blumegger en Bernadette Faber.

Dorp se kunspot op kookpunt

News: 08 August 2013
Die kunsfeesweek in Mokopane het sommer vroeg op ‘n hoogtepunt afgeskop met Hoërskool Piet Potgieter se toneel- en kooraanbiedinge, Piet Potpourri, wat Dinsdag- en Woensdagaand in die skoolsaal op die planke was. Toneelspel en sang was uit die boonste rakke en het die dorp se kuns- en kultuurliefhebbers ‘n lekker voorsmakie gegee van wat die naweek voorlê.

Dis Kierieklapper tyd!

News: 08 August 2013
Steve Hofmeyr, Snotkop, Die Campbells en Nadine is van die kunstenaars wat gaan optree by vanjaar se Kierieklapper Kunstefees vanaf 8-10 Augustus in Mokopane.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube