Searching for "" in "News"

 

Hulle het almal oog op titel!

News: 07 August 2013
Die Phenomenal Women Movement (PWM ) hou op 31 Augustus sy jaarlikse Phenomenal Women geleentheid waar vroue kans kry om lekker saam te kuier. Die mej. Queen of Hearts-liefdadigheidstitel is ook dan op die spel. Die kompetisie word in samewerking met die Mokopane Noodforum gehou. Hier is van die inskrywings:

LIMRPO-bestuur herkies

News: 07 August 2013
Die Limpopo Rooivleis Produsente Oganisasie (LIMRPO) se bestuur is verlede week tydens tydens sy kongres in Mokopane herkies vir die volgende jaar. Van links is Marinus van Dyk, vise-voorsitter, dr. Henk Visser, voorsitter en Barry York, dagbestuurslid.

En dié “blouligte”?

News: 07 August 2013
Het Lephalale dan nou sy eie blouligbrigade? Dit was van die vrae wat Noordelike Nuus hierdie week ontvang het oor Molalatau Sekuriteit se BBP (Baie Belangrike Persoon) sekuriteitsdiens aan ‘n sakeman in die dorp. Baie wil weet waarom die persoon met flikkerende dakligte en sirenes vervoer word en waarom die voertuig na bewering die spoedgrens oortree en selfs stopstrate verontagsaam.

The Medupi Legacy Programme

News: 07 August 2013
The construction of the Medupi Power Station is one of Africa’s largest single construction projects ever undertaken. Eskom has made a commitment to leave a lasting legacy in Lephalale by improving people’s lives.

Medupi: will there be enough water?

News: 07 August 2013 By Valerie Cilliers
So we will wait a bit longer before Eskom’s Medupi power station just outside Lephalale starts providing much needed electricity to South Africa’s electricity grid.

Young minds broadened through reading

News: 07 August 2013
LEPHALALE: Kings College Christian School in Lephalale took some of their learners to the Lephalale Library at the Civic Centre on Friday.

Wenner van spog horlosie

News: 07 August 2013
Charl Venter is die gelukkig wenner van Bosman Juweliers in Mokopane se SMS-kompetisie waarin deelnemers ‘n fout moes uitwys in ‘n advertensie wat gepubliseer is. Hy het ‘n pragtige Pulsar manshorslosie ter waarde van R1 700 gewen. Hier oorhandig Blondie McGlashen van die winkel sy prys aan hom.

Honde help ook insamel

News: 07 August 2013
Honde en hul base het Saterdag opgeruk na die Lephalale winkelsentrum vir die Potepêlle troeteldierskou om vir die plaaslike DBV fondse in te samel.

Nuwe wiele vir Willem

News: 07 August 2013
Willem Botha is ‘n bekende gesig in die Maribashoek-omgewing. Baie mense sien hom elke dag langs die pad waar hy sy stukkende grassnyer stoot.

Anton stap vir renosters

News: 07 August 2013
Meer as 500 renosters is sedert die begin van die jaar in Suid-Afrika gestroop en daar word tans beraam dat daar net ‘n bie-tjie meer as 18 000 witrenosters en 2000 swartrenosters in die land oor is. Volgens statistieke word 2,3 renosters elke dag vir hulle horings doodgemaak. Limpopo Angels, ‘n artikel 21 maatskappy wat ‘n paar jaar gelede in Lephalale gestig is, het onlangs tot die stryd toegetree deur die Tshuduku Lenaka (Renosterhoring) projek op die been te bring. Die projek is verlede Woensdagaand aan die Lephalale Sakekamer bekendgestel. Die doel van die projek is om mense plaaslike en nasionaal bewus te maak van die krisis rondom renosterstropery en die bewaring van renosters te bevorder. As deel van die bewusmakingsveldtog gaan die ambassadeur vir die projek, die avonturier Anton Fouche, op 19 Augustus vanaf die Kolonade winkelsentrum in Pretoria begin stap totdat hy op 14 September in Musina aankom. Nie net sal hy die 500km per voet aflê nie, maar beplan hy ook om ‘n lewensgroote model van ‘n renoster agter hom aan te sleep. Anton sal ook verskeie belangepunte en winkelsentrums oppad daarheen besoek om inligting oor renosterstropery aan die publiek te verskaf, maar ook in te win. Verskeie besighede het hulle reeds by die projek geskaar en verdere borge word gesoek om te verseker dat die projek slaag. Vir meer inligting skakel 084 585 5759 of besoek www.rhinotl.co.za.

Leë plekkie in die Krugiekantoor

News: 07 August 2013
Ná 26 jaar se getroue diens by Laerskool Krugerpark se administratiewe afdeling, groet Annetjie Maree die Krugies om af te tree.

SDA kerk kry nuwe dak

News: 07 August 2013
Dit is bykans twee jaar sedert die dak van die Sewendedag Adventiste kerk in Onverwacht inmekaar geval het. Sedertdien het kerkgangers onder ‘n afdak op die terein kerk gehou. Daar was egter groot opgewondenheid toe dakkappe Dinsdag by die perseel afgelaai is. Noordelike Nuus verneem dat verskeie besighede in Lephalale skenkings aan die kerk gemaak het vir die herstel van die dak.

Burglars raid convenience store

News: 07 August 2013
A gang of burglars gained access to the MTB fuel station’s adminis-trative offices and convenience store when they climbed into the ceiling of a staff bathroom.

Unitas groet geliefde juffrou

News: 07 August 2013
Me. Mariaan Baard was die welbekende Graad 1 onderwyseres by Laerskool Unitas in Swartwater vir byna sewe jaar.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube