News:
28 June 2013
Dit gaan goed met Mikayla!
Mikayla Robbertse wat koerantopslae gemaak het in Desember 2011 toe sy deur ‘n Mosambiekse spoegkobra in haar huis in Lephalale gepik is, het Maandag sewe jaar oud geword.
Volgens haar voog, Charmaine Robbertse, gaan dit goed met die klein vegtertjie, ondanks die staking van rekonstruksie operasies aan haar linkerhand weens gesondheidsredes.
Mikayla wat linkshandig gebore is, moes ook intussen leer om met haar regterhand te skryf. Hiervoor moes sy vanjaar fisio- en arbeidsterapie kry. Sy is tans in Graad 1 in Laerskool Bosveld Primary.
Niks het egter Maandag in die pad gestaan van die lewenslustige klein bondeltjie energaie se sewende verjaarsdagvieringe nie.
Noordelike Nuus wens haar en haar gesin ‘n wonderlike lewensjaar toe!