Searching for "" in "News"

 

Piet Pot se top presteerders

News: 25 April 2013
Hier is Hoërskool Piet Potgieter se top presteerders in elke graad. Agter van links is Gajan Devandran (graad 10 – 86 ) en Jan Gerhard Venter (graad 11 - 91%). Voor van links is Cecilia Engelbrecht en Theressa Oosthuizen (graad 8 - 92%).%), Monique de Sousa (graad 9– 94%), %), en Iné Vorster (graad 12 – 88%) .

Debatspanne van EHS kan redeneer

News: 25 April 2013 By NoordNuus reporter
Vier debatspanne van Ellisras Hoërskool het Donderdag in Mookgophong (Naboomspruit) aan die eerste streek uitdunne vir die ATKV debatskompetisie deelgeneem. Drie van die spanne het deurgedring na die semi-finaal in Junie in Rustenburg.

Marthie vang 'n tamaai kurper!

News: 25 April 2013 By NoordNuus reporter
Marthie Oelofse van Mokopane het hierdie yslike kurper onlangs in die Cahora Basa dam in Mosambiek aangekeer. Sy was saam met haar man, Jan en hulle seun daar op 'n hengeluitstappie toe die ou grote byt. Jan vertel dat hulle heelwat sulke groot kurpers gevang het en skat hierdie een wat die grootste vir die week was weeg so tussen vier en vyf kilogram.

Cravenweek wink vir hulle

News: 25 April 2013 By NoordNuus reporter
Hierdie vier seuns van Hoërskool Piet Potgieter gaan vandeesweek aan die tweede rondte van die Cravenweek rugbyproewe in Polokwane deelneem. Links is die eerstespan se stut, Louis Viljoen en die haker, Dewald de Beer. Langs hulle is die twee vinnige senters van die 0/16 span, Colin Steyn en Driekus Kleynhans.

EHS kickers bends it like Beckham

News: 25 April 2013 By NoordNuus reporter
Eillsras High School’s first soccer team travelled to Pretoria for a match against Prestige College last week. EHS won 2-0 with goal scorers Frans Tselane and Mafeta Mpulo.

Bossies skitter by Super-6

News: 25 April 2013 By NoordNuus reporter
Duné Schutte Laerskool Bosveld se dogters en seuns het Vrydag skitterende rugby en netbal gespeel teen Laerskool Phalaborwa. Die Bossies was vroegoggend al gepak en gereed om te vertrek na die jaarlikse Super-6 byeenkoms in Polokwane. As gevolg van swaar reëntoestande is die res van die naweek se wedstryde ongelukkig afgestel. Die kinders het dus met teleurgestelde harte teruggekeer huis toe. Die Bossies bedank almal vir hul lojale ondersteuning en hulp gedurende die naweek.

Raad weet glo niks van reuse daggaplant

News: 19 April 2013 By NoordNuus reporter
Iewers op die ashoop sit daar hierdie week 'n mistroostige daggaroker of twee nadat die Mogalakwena munisipaliteit hierdie week 'n yslike daggaplant van die plaaslike stortingsterrein verwyder het. 'n Inwoner het die plant onlangs onder Noordelike Nuus se aandag gebring.

Contractors commit to meeting Medupi deadlines

News: 19 April 2013
A site visit led by Public Enterprises Minister MalusiGigaba, Eskom chairperson, Zola Tsotsiand Eskom CEO,Brian Dames last Thursday revealed plans to renegotiate the project labour agreement (PLA) at the Medupi building site.

AfriForum veg nou vir Nyl

News: 19 April 2013 By NoordNuus reporter
AfriForum het sy gewig agter groepe gegooi wat ontwikkeling in die Nyl vloedvlakte teenstaan en is nou besig met ‘n veldtog om steun te werf om mynbou en ander ontwikkeling in dié gebied te keer. Die Nylsvley-vleiland is ‘n internasionaal-beskermde gebied naby Modimolle wat sowat 370 voëlsoorte huisves. Meer as 80 000 voëls is al hier opgemerk. AfriForum het ‘n veldtog begin nadat dit bekend geword het dat ‘n oopgroef-platinummyn hoër op in die vloedvlakte beplan word.

DA lei aktiviste op

News: 19 April 2013 By NoordNuus reporter
LEPHALALE - Die DemokratieseAlliansie (DA) in Lephalale het Saterdag en Sondag werkwinkels gehou om voornemende DA aktiviste in Ellisras en Thabo Mbeki op te lei. Volgens DA raadslid, Astrid Basson, is die rol van aktiviste om die gemeenskap bewus te maak van die DA en om te help met die registrasie van nuwe lede. Bel Astrid Basson by 0828229027 as jy betrokke wil raak by die DA.

Drie renosters gestroop

News: 19 April 2013 By NoordNuus reporter
Twee renosterkoeie en ‘n renosterbul is verlede Dinsdag deur stropers by Zinyathi lodge in die Steenbokpan omgewing gestroop. Bestuurder by Zinyathi, Hannes Le Grange, sê hy en sy span het onraad vermoed toe hy Dinsdagoggend agterkom een van die veldkameras is verwyder.

Medupi to avoid unemployed masses

News: 19 April 2013
The Medupi Power Station will shed more than 2000 jobs this year as the Joint Ventrue project team starts to downscale its workforce from 17 000 to only 800 once the powerstation is completed. The demobilisation process of workers on this project has become a contentious issue in labour circles and the local community and has resulted in several strikes in Lephalale over the past year.

Millions promised for infrastructure

News: 19 April 2013 By NoordNuus reporter
While the Mogalakwena municipality is disappointed that some residents do not acknowledge the services it has already provided - it aims to budget an additional R12 million for further infrastructure developments, said mayor, Tlhalefi Mashaimaite, during his Budget Mayoral Road Show last week.

Dis donker in Mookgophong

News: 19 April 2013 By NoordNuus reporter
AfriForum is bekommerd oo die inwoners van Mookgopong se veiligheid nadat dit bekend geraak het dat die dorp 182 stukkende straatligte het. Die burgerregte-organisasie AfriForum se plaaslike tak in Naboomspruit (Mookgophong) het 'n dringende skrywe aan die Mookgophong Munisipaliteit gerig aangaande 182 stukkende straatligte in die dorp.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube