Searching for "" in "News"

 

Regulasies vir aanstelling van munisipale amptenare onvoldoende

News: 19 April 2013 By NoordNuus reporter
AfriForum het verskeie voorstelle oor die konsepregulasies vir die aanstelling en diensvoorwaardes van senior bestuurders in munisipaliteite by die departement van samewerkende regering en tradisionele sake ingedien.

Europese Tafelronde kuier in Mokopane

News: 18 April 2013
Sowat 39 sakemanne van die Europese Tafelronde 92 is tans in Mokopane vir die jaarlikse Euro-Afrika 92 vegadering wat vanjaar deur die Kameeldoring 92 Tafelronde van die dorp gehou word. Die sakemanne, vergesel van hul vroue, is van lande so ver as Finland, Holland, Frankryk, België, Swede, Duitsland en Denemarke.

Mathale denies hampering investigations

News: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Allegations in a Sunday paper this week, that Limpopo Premier, Cassel Mathale is frustrating and hampering corruption investigations into top provincial civil servants are misleading. This is according to Tebatso Mabitsela, Head of Government Communication in the Premier’s office.

Pragparkies in dorp nou nutteloos

News: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Eens op ‘n tyd ‘n spog parkie waar kinders lekker kon baljaar. Dié speelplek is een van die talle parke in ons plattelandse dorpe wat verwaarloos staan en nie gebruik kan word nie.

Pippie kuier in Lephalale

News: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Anice, Pippie en klein Arno Kruger kuier die week saam met pappa Erwin in Lephalale. Dit is nou amper 16 maande sedert Pippie op tweejarige ouderdom in ‘n fratsongeluk brandwonde op 80% van haar lyfie opgedoen het. Na maande in die hospitaal en voortdurende terapie sê Anice dit gaan goed met hulle. “Die twee hou my besig, maar dit is wonderlik om albei by my te hê.” Sy sê sy is nog nie seker wanneer hulle weer permanent in Lephalale sal bly nie, maar voorbereidings word getref sodat Pippie hier die nodige terapie en behandeling sal kan ontvang.

TLU hou grondkonferensie

News: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Die Transvaalse Landbou Unie SA Noord (TLU) hou op 3 Mei ‘n grondkonferensie by die Polokwane Skougronde. Die konferensie begin 09:00 en die doel is om aan die publiek, aan die hand van historiese feite, te wys op watter wyses landbougrond in SA bekom is. Daar sal ook gekyk word na die moontlike ekonomiese gevolge sou die regering voortgaan met die implementering van die nuwe onteieningswet soos in die Groenskrif uiteengesit. Na verwagting sal die nuwe wet, met die politieke beloftes wat dit inhou, baie sterk in die media na vore kom vanaf die 16de Junie 2013 wanneer die herdenking van die 1913 Native Land Act in aanvang neem.

Ouetehuis dankbaar vir groot geskenk

News: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Die Piet Potgieter Monument Ouetehuis het vandeesweek ‘n splinternuwe houttafel en agt pragtige stoele gekry. Die tafel is deur Pieter van Niekerk gemaak en geskenk en die stoele deur Koos en Laura Venter, Neels Pieterse, Koos en Veronica Nel en Nantes en Annemarie Kelder geskenk. Links agter is Mariaan van Tonder van die ouetehuis en Pieter van Niekerk. Voor is Laura en Koos Venter.

Hulle ken die antwoord

News: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Hierdie Krugies kán spel. Hulle het verlede week aan Pick 'n Pay se Spellcheck kompetisie deelgeneem en die eerste drie plekke in hul skool gehaal. Hulle gaan nou op 26 April teen Limpopo se ander skole moet meeding. Van links is Margorie Jacobs – eersteplek, Josua Joubert – tweede en Janus Greyling – derde.

Top academic achievers

News: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Mabalane Seleka Technical High in Lephalale is proud of its hard working academic learners. Here are its top ten achievers for grades eight, nine and ten.

Nuwe kuierplek maak sy deure oop

News: 18 April 2013
Die rustige atmosfeer en aardse dekor maak dat ‘n mens hier by The Honey Ball agteroor kan sit en van jou stres ontslae kan raak. Hierdie nuwe kuierplek op die hoek van Hooge- en Voorstraat maak Maandag sy deure vir die publiek oop. Vir die eienaares, Sanél Honiball is dit 'n droom wat waar word.

Howzit my chomma - die flooze kom hier sing

News: 18 April 2013
Die Flooze van Witbank, of te wel Sorina Erasmus, kom binnekort by Hoërskool Piet Potgieter onder die sterre sing en dans. Sorina tree op Vrydag, 3 Mei in die vierkant van die skool op en almal word uitgenooi om saam te kom boogie. Sorina het bekendheid verwerf weens haar rol as die Flooze in die gewilde sepie, 7de Laan. Die vertoning begin om 18:30 en die bes geklede Bosveldkarnaval paartjie kan ‘n LCD televisie wen. Toegang is R100 vir volwassenes en R50 vir hoër- en laerskoolkinders. Kaartjies kan by die skool gekoop word. Daar sal ook verversings te koop wees. Vir nadere inligting skakel 015 491 3201 of 083 785 7846.

Laerskool Bosveld Primary se rugbytoer

News: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Laerskool Bosveld Primary se 1ste, 2de en O/11-spanne het vanaf 21-23 Maart deelgeneem aan die Sonskynvallei Rugbyweek op Marble Hall. Die 1ste span het al hulle wedstryde gewen. Hulle is ook aangewys as die beste span van die toernooi.

Wafferse swaardvegters

News: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Eben Wagner en Emile Sinclair het op 13 April aan die Limpopo Skermkampioenskappe deelgeneem. Eben het in beide die o/13 en o/17 ouderdomsgroepe deelgeneem en as o/13 het hy eersteplekke in floret en degen behaal. As o/17 het hy 'n eerste plek in floret verower en tweede in degen. Eben se boesemvriend, Emile, het in die o/13 afdeling meegeding en tweedeplekke behaal in beide floret en degen. Hy sê dit is deur sy vriendskap met Eben wat hy in skerm betrokke geraak het en hy hoop om soos sy vrien ook binnekort sy eie floret en skermdegen te besit.

Wedloop vir Jesus

News: 18 April 2013 By NoordNuus reporter
Hy het die wedloop in ‘n vinniger tyd voltooi as wat hy gedink het en is dankbaar dat hy dit kon doen om die AGS Groeipunt gemeente te help, sê Casio de Souza. Hy het verlede Saterdagaand vanaf die Wimpy in Modimolle na Mokopane gehardloop om geld vir sy kerk in te samel. Casio het Sondagoggend sowat ‘n uur vroeër as wat verwag is, by die kerk in Pretoriusstaat aangekom. Pastoor Richard Vigus het sy dank betuig teenoor al die borge en mense wat geld geskenk het om De Sousa se wedloop te borg.

Robbery plans thwarted

News: 12 April 2013 By NoordNuus reporter
Five men were arrested in Mokopane on Monday after police received information that a gang of armed robbers were on their way to rob the Shell garage in Mahwelereng. According to police, the five suspects are all from Seshego and were caught by a specialist unit which swooped down on them in unmarked vehicles when they were traveling from Mokopane towards Mahwelereng. Police confiscated a white VW Caddy, two unlicensed 9mm pistols, 21 rounds of ammunition and eight cell phones. Police are also investigating other crimes these five may be involved in.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube