Toet toet! Gee pad voor!
News:
12 April 2013
By NoordNuus reporter
Hoewel die Medupi kragstasie meer as 200km van Mokopane gebou word, moet dié dorp se padgebruikers gereeld hul motors van die pad aftrek om voorrang te gee aan abnormale vragte wat padlangs na die Medupi bouprojek net buite Lephalale vervoer word. Dinsdag is die dorp se verkeersvloei tot stilstand gebring toe twee van hierdie vragte deur die strate van Mokopane gekruie het.