Searching for "" in "News"

 

Toneelspelers gaan in Kaap optree

News: 12 April 2013 By NoordNuus reporter
Twee leerders van Hoërskool Piet Potgieter gaan vanaf 16 Mei in Kaapstad aan die finale rondte van ‘n nasionale toneelspelkompetisie deelneem. Die kompetisie word deur Kyknet geborg.

Gemeentelid draf ver om geld in te samel

News: 12 April 2013 By NoordNuus reporter
‘n Gemeentelid van die AGS Groeipunt gemeente gaan die naweek vanaf Modimolle na Mokopane hardloop om fondse vir die kerk in te samel. Casio de Sousa spring Saterdagaand omstreeks 20:00 vanaf die Wimpy in Modimolle weg en behoort Sondagoggend teen 10:00 by die AGS Groeipunt Gemeente in Pretorius-straat te eindig. Hy gaan ‘n afstand van sowat 97km aflê.

Studente stem vir afskaffing van rasseklassifikasie

News: 12 April 2013 By NoordNuus reporter
Sowat 2030 studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) het oorweldigend ja gestem vir die afskaffing van rasseklassifikasie aan dié universiteit. AfriForum Jeug het pas die uitslag van ‘n referendum oor rasseklassifikasie aan die UP bekendgemaak, deur ‘n banier vanuit die kliëntedienssentrum op die kampus te hang.

Fewer road deaths

News: 05 April 2013
A significant decline in road accident fatalities this past Easter weekend confirmed a successful Arrive Alive campaign in Limpopo, the department of Roads and Transport said in a press statement this week. The province lost 15 lives one of which was a pedestrian.

Sonsopkom-Paasdiens

News: 05 April 2013 By NoordNuus reporter
Honderde kerkgangers van Mokopane en die omgewing het verlede Sondag dou voor dag by die plaashek van die plaas Moorddrif ingedraai om na die Sonsopkom-Paasdiens te kom luister. Kampstoele is voor ligbreek langs die walle van die dam staangemaak terwyl ‘n bosveldvuur rustig in die agtergrond geknetter het. Die voorsangers het die toon aangegee met gewyde liedere toe die son stadig maar seker sy goue strale oor die dam begin sprei het. Na die erediens is daar kos gemaak en almal kon saam om die vuur kuier.

Nuwe hokke vir DBV diere

News: 05 April 2013 By NoordNuus reporter
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Lephalale is tans besig om nuwe hokke te bou om al die rondloperdiere in die dorp te huisves. Mariaan Wentzel van die DBV sê die organisasie kan nie voorbly met die groot getal rondloperdiere wat in hulle sorg gelaat word nie en nuwe hokke is nou prioriteit.

Solidariteit se plan vir meer onnies in die klas

News: 05 April 2013
Solidariteit Helpende Hand beoog om met die Staan nie Terug nie-veldtog 120 onderwysassistente in Afrikaanse skole te plaas. Die organisasie het Dinsdag in ‘n persverklaring gesê Suid-Afrika ondervind ? tekort aan gekwalifiseerde onderwysers

New Shopping Centre boosts local economy

News: 05 April 2013 By NoordNuus reporter
Just two days before Easter weekend, the Mahwelereng Shopping Center was officially opened in Mokopane. The ribbon ceremony was attended by the owners of the Mahwelereng Shopping Centre, Gerald Dros and his team as well as thousands of shoppers who came to buy at the new shopping centre with 32 new shops on a 13 165m² size premises.

Cops kept Limpopo clean this Easter

News: 05 April 2013 By NoordNuus reporter
Police this week said high visibility and intensified operations led to the arrest of several suspects in Limpopo and also contributed to the province experiencing a relatively safe and quiet Easter period.

Christusverhaal op die planke

News: 05 April 2013 By NoordNuus reporter
Die Volle Evangelie Kerk het verlede naweek ‘n passiespele by Hoërskool Piet Potgieter aangebied wat die kruisiging en opstanding van Christus uitgebeeld het. Die dekor en kleurvolle kostuums het bygedra tot die sukses van die aanbieding. Die spele is afgesluit met die bediening van nagmaal.

Shaping better futures for learners

News: 05 April 2013
Compass Academy of Learning in co-operation with LectorSA and Bright Star recently held a Development Week for Grade 9 learners at the RET Centre in Mokopane. The learners were sponsored to the amount of R3500 each, which enabled them to attend the Destiny Week.

LDF plans for a warmer welcome to Lephalale

News: 05 April 2013 By NoordNuus reporter
Because of the saying that “first impressions last the longest” and the belief that the entrance to a town tells you a lot about that town and its residents, the Lephalale Development Forum (LDF) launched an exciting new project to create attractive entrances to Lephalale.

Pompstasie binnekort onderdak

News: 05 April 2013 By NoordNuus reporter
Bouwerk aan ‘n struktuur om die rioolpompstasie naby Kerkstraat onderdak te kry, is hervat nadat dit vir meer as twee maande stilgestaan het. Die inwoners in die omgewing is verlig omdat hul bekommerd was dat die kabels en toerusting in die tyd gesteel kon word weens die gebrek aan ‘n heining.  Bob Naidoo, munisipale-bestuurder, het bevestig dat die bouwerk vroeër gestaak is weens ‘ontwerpkwessies’. Hy het egter die versekering gegee dat die kontrakteur weer op sy pos is en dat die stasie binnekort onderdak sal wees. Die pompstasie is in 2008 deur ‘n groep ontwikkelaars wat by bouprojekte in Kerkstraat betrokke was, gebou en aan die munisipaliteit oorhandig.

‘n Reis na kleintyd...

News: 05 April 2013
Die geur van vars gebakte brood en moerkoffie laat ‘n mens summier vassteek. Dis dan wat jou oë oor die pittige gesegtes teen die mure dans en jy ook die ou yskas met sy boeke raaksien. Hier kan ‘n mens mos lekker kuier, flits dit deur jou gedagtes.

Bosveldkunsfees beloof talle talent

News: 05 April 2013 By NoordNuus reporter
Die inwoners van Mokopane kan hul vere regskud vir ‘n opwindende Bosveldkunsfees waar hulle kan kom kyk en luister na die talente van die talle deelnemers, sê Michelle Buitendach, skakelbeampte van Hoërskool Piet Potgieter. Die kunsfees word van 13 tot 18 Mei in die skoolsaal gehou. Verlede jaar het leerders van 13 skole teen mekaar meegeding en daar was 838 deelnemers. Michelle sê die beoordelaars is geregistreer by die Raad vir Afrikaanse Beoordelaars. Inskrywings sluit op 12 April en mense wat privaat wil inskryf is welkom. Die deelnemers gaan in verskeie afdelings meeding en bywoning is gratis. Vir nadere inligting kan Elmarie Oosthuizen by 082 2023728, of Michelle by 082 5591072 gebel word.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube