Searching for "" in "News"

 

Wildseisoen skop goed af

News: 27 March 2013 By NoordNuus reporter
Pryse wat behaal is tydens die Oljaco Game Dealers wildveiling wat verlede Saterdag gehou is, was bo verwagting goed as die droogte wat voorkom in ag geneem word. Die veiling is die eerste vir 2013 en is deur Vleissentraal Bosveld gehou in die Oljaco krale in Vaalwater. Omdat niemand weet wat die nuwe seisoen gaan inhou nie, is die veiling met groot belangstelling dopgehou.

Exxaro strike – union won’t budge

News: 27 March 2013 By NoordNuus reporter
Exxaro has approached the Labour Court to obtain an urgent interdict, directing employees who have been striking at the Grootegeluk Mine just outside Lephalale the past two weeks to resume their normal duties as soon as possible. This follows instances of escalated violence and damage to property at the mine on Monday.

Inwoner waarsku oor waardasies

News: 27 March 2013 By NoordNuus reporter
Inwoners van Mokopane wat nie seker is of hul eiendomswaardasies op die dorp se waardasierol strook met die werklike waarde van hul eiendomme nie, kan stywe verhogings in hul eiendomsbelastingbydraes verwag, waarsku ene JP Verster van Pretoriusstraat.

Mayor hits the bookshelves

News: 27 March 2013 By NoordNuus reporter
Mogalakwena Mayor, Andries Tlhalifi Mashamaite, joined the learners from Mokopane High Schools for Library Week celebrations this week. The theme for South African Library week 2013 is Educate Yourself @ Your Library. One of the many important focuses of this week is to encourage reading and instil a culture of reading. Here is Mmadikana High school learners with the mayor and their teachers during library week celebrations in Mokopane.

Imposters arrested for kidnapping

News: 27 March 2013 By NoordNuus reporter
Two men who pretended to be police officers pleaded guilty on charges of kidnapping and robbery in the Lephalale Magistrate court on Wednesday. While on patrol last Friday evening warrant officers Joep Joubert and Willie Schutte of the Lephalale police stopped next to a Ford Bantam bakkie in Troupand Street when a woman started to scream for help from the bakkie. Two men fled the scene, but the officers managed to arrest both of them with the woman’s purse with R70 and a cellphone in their possession. It later emerged that the men pretended to be police officers and even had police identification on them. They carried a weapon, which according to police, belongs to a security company. The woman told the officers that the men “arrested” her and demanded sex before she could be released.

Pretdag om diere te help

News: 27 March 2013 By NoordNuus reporter
Die hondekos wat Landmark Mokopane vandeesweek aan die Wheels in the Sky Motorbikers Club geskenk het, gaan help om ‘n hele paar honde van die Diere-beskermingsvereniging (DBV) te voed. Landmark het vandeesweek die kos aan die motorfietsklub

4000 by Bosveld Mighty Men

News: 27 March 2013 By NoordNuus reporter
‘n Oproep vir manne om nederig te bly en hulle vroue te wys dat hulle hul liefhet deur af en toe vir haar ‘n koppie tee te maak of die skottelgoed te was, is die naweek deur welbekende prediker, Angus Buchan, by die Bosveld Mighty Men konferensie gedoen. Buchan het op die plaas van Francois Birts, Snymansdrift net buite Polokwane sowat 4000 mans toegespreek. Hy het volgens Beeld gesê dat dit ‘n leuen is dat Afrikaner mans nie na hulle vroue omsien nie. “Julle is ‘n inspirasie,” het hy gesê. 

Optog verkondig Paasboodskap

News: 27 March 2013
Honderde leerders van verskeie skole, kerkleiers en inwoners van Mokopane het Dinsdag deelgeneem aan die jaarlikse Paasoptog. Die optog word gehou om die gemeenskap bewus te maak van die boodskap van Paasfees dat Jesus gekruisig is en weer opgestaan het. Die optoggangers het vanaf die biblioteek deur die strate beweeg met sierwaens, baniere en strooibiljette.

Hulp vir vroeggebore baba gevra

News: 27 March 2013 By NoordNuus reporter
Hoewel klein Marinsa Botes van Lephalale te vroeg gebore is, is sy ‘n klein vegtertjie wat moontlik binnkort huis toe kan gaan. Haar ouers, Marinus en Heleen, het in Desember verlede jaar in Daspoort, Pretoria gekuier toe Heleen skielik erge rugpyn kry.

Bosveld dames inspireer

News: 27 March 2013 By NoordNuus reporter
Die jaarlikse VLU Bosveldstreek konferensie is verlede Woensdag by die Mogolklub in Lephalale aangebied. Met die tema “Verryk en Inspireer” het die konferensie aan VLU lede die geleentheid gebied om hulle vlytige handewerk uit te stal. Bekende digter, skrywer en kunstenaar, Carina Stander was die gasspreker en het met haar gedigte en verhale haar gehoor gaande gehad.

Tafelronde maak ‘n verskil

News: 27 March 2013
Die bou van ‘n skool vir gestremde leerders is maar net een van die projekte van die Kameeldoring 92 Tafelronde in Mokopane wat hom na aan die hart lê, sê Marcelo dos Santos, nuut verkose voorsitter van dié liefdadigheidsorganisasie.

Dienssentrum bejaardes wys hul handewerk

News: 26 March 2013 By NoordNuus reporter
Om oud te word beteken nie jy moet ledig rondsit nie. Die bejaardes van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes het onlangs begin om hul handewerk op Vrydae uit te stal en te verkoop. Hout-, brei- en hekelwerk, asook juwele is van die ware wat van die hand gesit word. Bettie du Preez en Dina Kloppers wys van die kleurvolle serpe en lapwerk wat hul maak.

KANSA se inkleurwenners

News: 26 March 2013
‘n Inkleurkompetisie is verlede week by verskeie kleuterskole in Mokopane gehou om geld in te samel vir KANSA. Die inskrywingsfooi sal gebruik word vir navorsing, opvoeding en ondersteuning aan kankerlyers. Die wenners het elk ‘n sertifikaat ontvang en ‘n gratis ete by Jenets restaurant. Leo de Jager, KANSA verteenwoordiger op die dorp en Jeannette van der Merwe van Jenets het Dinsdag die oorhandiging by die kleuterskole gedoen.

Is jy nog daar, ou maat?

News: 26 March 2013 By NoordNuus reporter
Die bestuurder van dié motor het verlede Vrydag vir ‘n aankomende taxi uitgeswaai en in die bosse van ‘n erf in Thabo Mbekistraat beland. Hy was gelukkig genoeg om lewend uit die wrak te klim. Die verkeersowerhede het motorryers gemaan om gedurende die Paastyd versigtig te bestuur.

Klein-sportsterre sorg vir strawwe kompetisie

News: 26 March 2013 By NoordNuus reporter
Laerskool Krugerpark het Saterdag ‘n heerlike en baie suksesvolle sportdag vir laerskole in die Bosveldstreek aangebied. Laerskole Bosveld Primary, Nylstroom, Julian Muller, Pietersburg-Oos, Eugene Marais, Louis Trichardt en Ellisras het gesorg vir strawwe kompetisie op die rugbyvelde en netbalbane. Baie geluk aan al die seuns en dogters wat deelgeneem het.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube