Searching for "" in "News"

 

Krugies gaan toer in styl!

News: 26 March 2013 By NoordNuus reporter
Laerskool Krugerpark se eerste netbalspan gaan hierdie vakansie aan die Sportweni-week aan die Natalse Suidkus deelneem. Vir dié toer is hulle uitgevat in nuwe klere en toerusting geborg deur Avbob, Arons, Joukie de Wet, Printmaster, Van der Hooven Prokureurs, Renco, die Ruytenbergs en nog ‘n paar borge wat anoniem wil bly. Die netbalkrugies sê vir al hierdie borge baie dankie.

Gesinsdag by Hardekool

News: 26 March 2013 By NoordNuus reporter
Hardekool Akademie in Lephalale het die afgelope naweek ‘n gesinsdag by die skool aangebied waar oud en jonk heerlik saamgekuier het.

Daar is gekuier, gespeel en gekook

News: 26 March 2013 By NoordNuus reporter
Ouers en leerders van die Potgietersrus CVO Skool het verlede Saterdag op die skoolterrein saam-gekuier. Die ouers en kinders het ook teen mekaar op die krieketveld meegeding voordat daar later kos gemaak is in ‘n potjiekoskompetisie. Daar is onder meer gesmul aan beesstert-, hoender- en lams-vleispotjies.

Trompoppies uitgevat in hul nuwe uniforms

News: 26 March 2013 By NoordNuus reporter
Die trompoppies van die Laerskool Krugerspark spog hier in hul nuwe uniforms. Die span het verlede Saterdag tydens die skool se rugby- en netbaldag hul passies voor die toeskouers gewys. Voor is hul afrigter, Martie Viljoen.

Kunstenaars woeker met hul talente

News: 25 March 2013 By NoordNuus reporter
Die leerders wat aan die kunsklub van Hoërskool Piet Potgieter behoort, is hard aan die werk om voor te berei vir die Standard Bank Eistedfod wat later vanjaar op Nelspruit gehou word. Die klub is vanjaar drie jaar oud en spog met 40 lede. Die kinders werk met gemengde medium en is hier by hul uitstalling Petals and Pearls. Van links is Charmaine Vorster (16), Cara Sinclair (14), Germari Steyn (13), hul onderwyseres, Karen Smit en Chis-Mari Jordaan (14). Voor is Heidi Klemp (14) en Jade van den Bergh (16).

Boererumoer gaan ‘n fees wees

News: 25 March 2013 By NoordNuus reporter
Die Hervormde gemeente Ebenhaeser se jaarlikse Boererumoer sal hierdie jaar op 20 April plaasvind. Die dag se vermaak begin met die immergewilde Tjiff en Tjaff wat die kleinspan sal betower. Daarna volg ‘n propvol program van vermaak uit die boonste rakke met ‘n optrede deur Steve Hofmeyr as hoogtepunt vir die dag. Die toegangsfooi is R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Die hele gesin kan die dag saam kom geniet.

Dwelmprojek vir skole geloods

News: 15 March 2013
‘n Dwelm-bewustheidsveldtog gaan binnekort geloods word om dwelmgebruikers in skole vas te vat en die leerders ook op die gevare daarvan te wys. Die dwelmprojek is vandeesweek tydens die Mokopane Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se vergadering bespreek.

Dwelmverslawing – ouers desperaat opsoek na hulp

News: 15 March 2013 By Valerie Cilliers
Middelafhanklikheid en dwelmmisbruik is al vir jare ‘n probleem in platterlandse dorpe soos Mokopane en Lephalale, maar dit wil nou voorkom of die probleem nie meer onder die mat gevee kan word nie. ‘n Ondersteuningsgroep vir middelafhanklikheid is onlangs gestig deur ouers van kinders in Lephalale wat dwelms gebruik. “Ons het gesoek vir ‘n ondersteuningsgroep waarby ons kon aansluit, maar kon niks kry nie. Daarom het ons besluit om self so ‘n groep te stig,” vertel ‘n ouer.

Hulle maak die regte skuiwe

News: 15 March 2013 By NoordNuus reporter
Brendan Strydom en Jaco Pieters van Hoërskool Piet Potgieter het verlede Saterdag teen Waterberg Hoërskool in skaak meegeding. Hulle het na ses potte onderskeidelik ‘n algehele derde- en tweedeplek gekry. Jaco geniet dit om sy opponent se probleme uit te wys en strategies te beplan. Hy sê skaak leer ‘n mens om logies te dink en verg dissipline. Brendan hou daarvan om probleme op die skaakbord op te los. Wanneer hy nie skaak speel nie, geniet hy dit om aan bergfietswedrenne deel te neem.

Saak teen beweerde renoster-stropers laat vaar

News: 15 March 2013 By NoordNuus reporter
LEPHALALE – Die saak teen nege buitelanders wat daarvan verdink is dat hulle Sondagoggend renosters op ‘n wildsplaas net buite Lephalale wou stroop, is teruggetrek. Volgens A. O. Frans Mokoena, sou die verdagtes Dinsdag in die Lephalale hof op ‘n klag van onwettige jag van ‘n bewaarde spesie verskyn.

Gemeenskap veg saam teen brand

News: 15 March 2013 By NoordNuus reporter
‘n Plaasskuur het Maandagmiddag op die plaas van Jannie Pretorius net buite Lephalale afgebrand. Volgens Molalatau Sekuriteit se Henk du Plessis het dit meer as twee ure geneem om die vuur onder beheer te bring. Lede van die gemeenskap en Herman Fourie van Molalatau het probeer om die brand te blus en moes noodgedwonge meubels uit die nabygeleë huis dra terwyl hulle vir die brandweer gewag het. Die omvang van die skade en oorsaak van die brand was teen druktyd nie bekend nie.

Oily' suspect apprehended

News: 15 March 2013 By NoordNuus reporter
A 31-year-old man was arrested after he allegedly tried to make off with a bakkieload of stolen cooking oil. This followed a complaint by a truck driver who parked his loaded truck at the Mokopane weigh bridge to sleep for a while. When he woke up he took an inspection walk around his vehicle to find the tarpaulin cover was cut and fifteen boxes of cooking oil were missing. He immediately reported it to the police, but while waiting for police at the scene, traffic officers saw a suspicious-looking vehicle and gave chase. Besides the man who was arrested there were two other suspects in the vehicle who ran away. The suspect will appear in the Mokopane Magistrate court soon.

“No Racism At FET” - Principal

News: 15 March 2013 By NoordNuus reporter
LEPHALALE - The South African Democratic Teacher’s Union (SADTU) took to the streets of Lephalale last Thursday to protest what they call “the unjust treatment of lecturers and support staff at the FET College in Lephalale. According to a memorandum handed to the campus manager, Rina van Jaasveld, SADTU demands the immediate resignation of acting principal, Annamie van Vuuren, who they believe promotes racial discrimination at the college.

Wen ‘n handgemaakte kwilt

News: 15 March 2013 By NoordNuus reporter
Wilna van der Heever van KANSA Waterberg wys die pragtige handgemaakte kwilt wat gewen kan word. Die katoen kwilt wat deur die Loslappies Mokopane kwiltgroep gemaak is, kan gewen word deur ‘n kaartjie te koop by die Bits and Pieces winkel op die hoek van Thabo Mbeki- en Krugerstraat. Die winkel is daagliks tot 13:00 oop. Die kaartjies kos R10 en die kompetisie sluit einde Junie. KANSA beoog om sowat R10 000 insamel wat gebruik gaan word vir pasiëntesorg.

More violence despite peace agreement

News: 15 March 2013 By NoordNuus reporter
LEPHALALE - After two months of strike action at Eskom’s Medupi power station building site, Numsa workers returned to work on Monday. The strike officially ended last Friday when Numsa and the Public Enterprises Minister, Malusi Gigaba, met in Johannesburg where Numsa subsequently signed an agreement to return to work.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube