Searching for "" in "News"

 

Help ons, asseblief...

News: 13 February 2013 By NoordNuus reporter
Op 7 April verlede jaar het David sy balans op die trappies by ons huis se agterdeur verloor en geval. Min het ons geweet hoe daai val ons lewens sou verander. Sy heup het ‘n groot kneusplek gehad en sy been was effe seer....

Toe help Vetus Schola

News: 13 February 2013 By NoordNuus reporter
Ons sukkel nou al die afgelope twee weke by ons huis in Springbokstraat in die oggendure met boosdoeners in ons erf. Verlede Dinsdagoggend was hulle in ons erf. Hulle was net te vinnig dat ons hul sterte kon vastrap, ons kon net genoeg sien om te weet dit is twee van hulle.

Bikers pull together for SPCA

News: 13 February 2013 By NoordNuus reporter
Wheels in the sky limpopo bikers club in Mokopane is having its first day-jol for the year on March 23. They plan to host a fun-filled charity day for the local SPCA Waterberg.

Boodskap van hoop

News: 12 February 2013 By NoordNuus reporter
Ek wil graag ‘n woord van hoop en bemoediging aan alle kankerlyers rig. Na bykans drie jaar se lyding van siek wees, sonder hare en sonder krag, is ek nou op die pad van volkome herstel. My boodskap aan julle is: bid, glo en vertrou. Ek glo in ons God van liefde. Sonder die gebede van my familie, vriende en die Ellisras-gemeenskap sou ek dit nie kon maak nie. Pastoor Attie van Wyk en die gemeente van PPK Lighuis, baie dankie vir al jul gebede, liefde en omgee. Ons gebede is verhoor! - Hester Kotze

Boeremag familietwis

News: 08 February 2013 By LiN Nuus
Dr. Lets Pre­to­rius aan­vaar geen ver­ant­woorde­lik­heid vir die “ver­wronge en se­lek­tie­we” per­sep­sie wat sy tweede oud­ste seun, Kobus, nou van sy fami­lie het nie. Dié ge­tuie­nis is van­dees­week in die hoog­ge­regs­hof in Pre­to­ria deur Piet Pis­to­rius, Pre­to­rius se advo­kaat, aan die hof voor­ge­hou nadat ’n siel­kun­dige getuig het dat Kobus nou alle bande met sy gesin ver­breek het “om­dat hy be­sef het die waar­des wat hy as kind in sy ouer­huis ge­leer het, was ’n klug”.

Sasol lays out its plans for Steenbokpan

News: 08 February 2013 By Valerie Cilliers
Sasol Mining this week informed residents of Lephalale and Steenbokpan of its intention to apply for environmental authorisation for its proposed Sasol Limpopo West Coal Mine in Steenbokpan near Lephalale.

‘Werkloosheid en misdaad ons voorland’ sê landbou unies

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Die platteland gaan kreun onder die juk van werkloosheid en misdaad. Dit was die onomwonde boodskap van georganiseerde landbou in reaksie op die nuwe minimum loon vir plaaswerkers wat hierdie week deur arbeidsminister, Mildred Oliphant, aangekondig is.

Plaasinspeksies sal op behuising fokus

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Agri Lephalale het by ‘n onlangse landelike veiligheidsvergadering die kollig geplaas op arebeidsbehuising. Volgens Gawie van Zyl het die departement van arbeid by ‘n onlangse provinsiale vergadering gemeld dat daar tydens inspeksies veral op behuising gefokus sal word.

Mokopane se boeke is in orde

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Mogalakwena munisipaliteit is een van net twee munisipaliteite in Limpopo wat ongekwalifiseerde oudits vir die 2011/12 boekjaar behaal het. “Dit beteken alles is in orde met ons boekhouding,” verduidelik munisipale bestuurder, William Kekana. Die enigste ander provinsie wat ‘n ongekwalifiseerde Audit behaal het was die Waterberg Distriksmunisipaliteit.

Rooilig bushalte

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Dit wil voorkom of prostitusie ook nou in Onverwacht ‘n probleem geword het. Klagtes is verlede week ontvang dat ‘n bushalte in Kiepersolstraat gebruik word as oplaai punt van prostitute wat vermoedelik in ‘n huis daarnaby woon. Adjudant offisier, Frans Mokoena het Dinsdag aan Noordelike Nuus gesê hy is nie bewus van prostitusie in daardie area nie, maar bevestig dat prostitusie wel‘n probleem in die dorp geword het. Hy vra die publiek om die polisie inkennis te stel van enige bedrywighede in hul area. “Ons weet dat prostitusie bedryf word, maar dit is nie altyd maklik om hulle op te spoor nie,” het hy gesê.

In geval van nood

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Kinders op skool word geleer om in geval van nood die polisie se noodnommer te skakel. Met ‘n rympie en handgebare leer om die nommer 10111 te onthou. Die probleem is egter dat die nommer weens hoë oproepvolumes nie altyd beskikbaar is nie.

Suspected golf course burglar caught

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
A man suspected of burgling several homes next to the golf course in Onverwacht were arrested by Molalatau Security on Sunday evening. A response officer noticed two men acting suspiciously. When he approached the men both ran away but security personnel were able to apprehend one of the suspects. Equipment similar to those used in several break-ins in the area were found in his possession. The suspect was handed over to the Lephalale police and fingerprints were taken and submitted for further investigation.

Munisipaliteit vol verskonings oor toe swembad

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
‘n Jaar nadat Mogalakwena munisipale bestuurder, William Kekana, aan Noordelike Nuus beloof het die dorp se munisipale swembad sou voor die winter van 2012 oop wees vir die publiek, staan die hekke steeds gesluit. Hierdie week het Kekana gesê die munisipaliteit kon steeds nie genoeg personeel aanstel ind die beskikbare poste by die swembad nie. Hy het ook genoem dat die swembadtoerusting nooit saam met die opgradering van die fasiliteit vernuwe is nie en dat dit nou verouderd is en eers vervang moet word voor die swembad oopgemaak kan word. Oor die personeel wat nie aangestel is nie, sê hy dit is moeilik om die regte mense te kry. Daar is egter nie ‘n enkele pos vir die munisipale swembad in Noordelike koerant geadverteer het, sê dat hulle talle aansoeke in reaksie op hul advertensies gekry het.

Limpopo’s greenest municipality

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Mogalakwena Municipality was presented with the coveted Greenest Municipality Award during a function at Bolivia Lodge in Polokwane last Thursday. The town’s entry was a project in Mahwelereng where the municipality and the local community worked together to turn a dumping site into a park. Having won the provincial competition, Mogalakwena will go through to the national round where it will compete against the winners of eight other provinces.

Nouer samewerking tussen boere en polisie

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Goeie nuus vir boere in die Lephalale-omgewing is dat adjudant offisier Hans Koekemoer van die Lephalale polisie weer aangestel is as sektorbestuurder oor die landbousektor. Die pos was vir meer as ‘n jaar nie gevul nie. Daar is tans 1336 plase en 478 plotte en Koekemoer sê hy is al te bewus van die groot taak wat op sy skouers rus. Hy sê dat hy graag nou saam met boere wil werk om hulle bewus te maak van prosedures wat gevolg kan word om ‘n misdaadtoneel te bewaar vir forensiese ondersoek. “Dit is ook belangrik dat boere kennis inwin oor byvoorbeeld prosedures wat gevolg moet word by ‘n siviele arrestasie.”
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube