Searching for "" in "News"

 

Seuntjie (5) sterf in swembad

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
‘n Vyfjarige seuntjie van Lephalale het Saterdag vermoedelik verdrink toe hy saam met sy ouers by ‘n ontspanningsoord net buite die dorp gekuier het. Volgens ooggetuies op die toneel het die seuntjie die een oomblik nog geswem en toe skielik nie opgekom nie. Hy is uit die water gehaal en die nooddienste is ontbied. Molalatau Sekuriteit se Andries Bester was saam met noodwerkers vinnig op die toneel en het gereël dat die kind na die MPSJV mediese sentrum gehaas word waar ‘n dokter gereed gestaan het om by paramedici oor te neem. Die seuntjie is egter kort na sy aankoms by die mediese sentrum dood verklaar.

Remax maak kinderharte bly

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
As deel van RE/MAX internasionaal se 40 bestaansjaarvieringe het RE/MAX Lephalale boeke, skryfbehoeftes en speelgoed ingesamel en Maandag aan sowat 60 kinders van Africa family Care children’s home en Japsnoetjies kleuterskool oorhandig. Die kinders kon ook ‘n heerlike ete by Maxis geniet, waarna plaaslike slangkenner, Marius Koekemoer hulle meer geleer het oor reptiele. Elkeen se gesiggie is geverf en die opgewondenheid was groot toe die RE/MAX span vir elke kind ‘n rugsakkie vol persentjies oorhandig. Margie Geyser het by die geleentheid gesê RE/MAX wil graag aan die Lephalale gemeenskap, wat hulle so goed ondersteun, teruggee. Sy het ook al die borge wat die dag moontlik gemaak het bedank.

2012 klas was tops in ses vakke

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Ellisras Hoërskool se matrieks het verlede jaar in ses vakke die beste prestasies in die Waterbergdistrik behaal. In wiskunde het Janè Peens met 100% geslaag, sy het ook die hoogste punte in die distrik in Afrikaans Huistaal behaal en deel die toekenning vir Lewenswetenskappe met Anine Coetzee.

41 Bossies kom eerste!

News: 08 February 2013 By NoordNuus reporter
Verlede Vrydag is die jaarlikse atletiek-kringbyeenkoms vir laerskole in die omgewing by Laerskool Ellisras aangebied. Een en veertig van Laerskool Bosveld Primary se leerders het hier eerste plekke behaal. Laerskool Bosveld is baie trots op hulle en wens hulle sterkte toe vir die byeenkoms vandag op die Mogol Klub se atletiekbaan plaasvind.

Rooi lig vir sandmyners

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Die departement van omgewingsake het glo op 8 Januarie die eerste van die sandmyners langs die Mogolrivier verwittig dat mynbedrywighede op die plaas Schaapplaats en Wonderboomhoek langs die rivier gestaak moet word. Dieselfde kennisgewing is ook hierdie week aan sewe ander myners uitgereik.

Eskom bekommerd oor Medupi vertragings

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Die Medupi kragstasie bouterrein buite Lephalale was hierdie week steeds gesluit weens stakende werkers wat ongelukkig is oor bonusse wat hulle sê hulle nie in Desember ontvang het nie.

Jaar begin goed vir orgideëvereniging

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Die Vlakte Orgidieëvereniging het 2013 se eerste vergadering op 19 Januarie 2013, met 3 nuwe lede weggespring. Die vereniging verwelkom Sarie Lancaster van Mookgophong asook Dries en Jentina Becker van Mokopane.

Several suspects caught

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Vetus Schola Protection Services in Lephalale apprehended several suspects over the weekend. Last Friday they assisted a local farmer in tracking four suspects on his farm. One of the suspects were caught and handed over to Molalatau Security who continued the search. At the Sasol Garage in Onverwacht a man suspected of robbing the kiosk the previous week were spotted in the kiosk. One of the clerks recognized him and cctv camera footage confirmed his suspicion. The suspect fled the kiosk, but was apprehended by a Vetus Schola reaction officer and handed over to the Lephalale police. Two men suspected of stealing construction tools at premises in Rupert Street were apprehended by Vetus Schola guards on Saturday. The suspects and stolen goods were handed over to the police.

Kovsie rektor besoek Piet Pot

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Rektor en Vise-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, Professor Jonathan Jansen het verlede Vrydag by Hoërskool Piet Potgieter besoek afgelê. Die besoek het gespruit uit ‘n oproep vroeër die jaar waartydens Prof. Jansen spesiaal geskakel het om Piet Potgieter se hoof, Jas Hansen, geluk te wens met die kwaliteit leerders wat Hoërskool Piet Potgieter na die Universiteit van die Vrystaat stuur. Hy het slegs vir ‘n dag na Limpopo gevlieg en het Hoërskool Piet Potgieter en Mitchell House in Polokwane besoek waar hy leerders en personeel toegespreek het.

Get ready to go bald

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
The Cancer Association of South Africa (CANSA) celebrates its 10th year of hosting Shavathon events in 2013 and encourages everyone to take part from 25 February to 2 March at their workplace or at a shopping centre by shaving, spraying, stencilling or - new for 2013, gelling hair - for a R50 donation (kids under 12, only R25). Participants show support by donating a fee to shave or colour-spray hair, with some using fun stencil shapes of a star, butterfly, flower, soccer ball, lightning bolt and the word ‘warrior’. The donation is used by CANSA to provide a service to the public and all people affected by cancer.

Gaan kuier by Riverfront Entertainment

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Lephalale bars behoorlik uit sy nate met al die ontwikkeling in en rondom die dorp. Tog kla die inwoners gereeld oor die tekort aan vermaak vir die hele gesin. Riverfront Entertainment beloof om hierdie gaping gemaklik te vul en Ellisrassers iets meer te bied.

New coal mine's waste management license approved

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Resgen has been granted a Waste Management License for its proposed Boikarabelo Coal Mine near Lephalale. The license was issued by the National Department of Environmental Affairs on 18 January for the construction of a temporary hazardous waste storage facility, sewage treatment plants and a landfill site. In terms of Chapter 7 of the 2010 EIA Regulations, a notice of intention to appeal against the decision must be lodged within 20 days (06 February 2013) from the date of the issue of the licence. Interested and affected parties who wish to appeal any aspect of the decision is required to lodge the intention to appeal with the Department of Environmental Affairs, Private Bag X447, Pretoria, 0001; tel: (012) 310 3705; AppealsDirectorate@environment.gov.za. Kindly provide a copy of the intention to appeal to Resgen: Attention: Hennie van den Aardweg; Fax: (012) 345 5314; Postal address: PO Box 5384, Rietvalleirand, 0174.

Lenie Snyders 3/1/1958 – 14/1/ 2013

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Haar skielike afsterwe het ons verslae gelaat. Haar wens en vrees om nie aan kanker te ly is vervul, veral nadat sy weer Desember positief getoets was. Dit gee ons gemoedsrus, maar nie vertroosting nie. Die huis is leeg en ons mis jou, maar gun jou dit ook.

Piet Pot hou ‘Aandgholf-Classic’

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Hoërskool Piet Potgieter bied op 15 Februarie ‘n opwindende gholfaand op sy A-rugbyveld aan. Daar word van 6 verskillende bowwe na 6 verskillende vlaggies geslaan. Balle en stokke sal beskikbaar wees. Elkeen speel met ‘n 9-yster. Pryse kan by elke putjie losgeslaan word. Dis ideaal vir enige iemand, gholfers of nie-gholfers, volwassenes of skoolkinders.

Rotary DOnates 1400 nappies to Thula Thula

News: 01 February 2013 By NoordNuus reporter
Thula Thula Baby House of safety for abandoned infants would like to thank the Rotary Club of Mokopane for the donation of 1400 nappies.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube