News:
28 January 2013
By NoordNuus reporter
Amper soos die Afrikaanse lied ‘Mamma ek wil ‘n man hê’ is Frikkie van der Merwe hoog en laag op soek na ‘n vrou, maar van die gimnasium tot die sjebeen, is daar eenvoudig nie ‘n enkele meisie wat sy hartsnare tokkel nie. Een van die mooie meisies laat selfs ‘n hammer op sy voet val!
Dit is die verhaal wat hierdie week op die verhoog van Hoërskool Piet Potgieter se saal afgespeel het. Die 2013 Graad 8’s het ouers en mede leerders Woensdag en Donderdagaand vermaak met die kwinkslae, dansies en toneelspel van hul groentjiekonsert.
Almal se harte het ‘n bietjie warmer geklop, toe Frikkie op die ou einde terugkeer na sy ou skool, Hoërskool Piet Potgieter, waar hy en ‘n nuwe onderwysers, Miss Bee, met eerste oogopslag smoorverlief raak op mekaar.