Searching for "" in "News"

 

Bonus man bring vrolikheid

News: 28 January 2013 By NoordNuus reporter
Thys Marais, verkoopsbestuurder van Bonus Motors Mokopane het onlangs sy goeie vriend en opkomende Suid-Afrikaanse sanger, Marius Strydom opgekommandeer om die inwoners van die Monument tehuis in Mokopane te kom vermaak. Thys het ook tussen hom en familie van Johannesburg en Pretoria geld ingesamel om geskenkpakkies aan die bejaardes te oorhandig. Hier is Thys, Marius Strydom, Oom Jan Strydom saam met tannie Anaat Botha, een van die tehuis se oudste inwoners – sy is 100 jaar oud.

Valentyn's opskop!

News: 28 January 2013 By NoordNuus reporter
Kinnerpark Kleuterskool hou op 15 Februarie 'n Valentyn's opskop in die Pierneefsaal om 18:30. Drag is semi-formeel. Ingang is R50 per persoon en sluit kerrie en rys in (kinders is welkom en hul toegang is gratis).Nog kerrie en rys sal te koop wees teen R30 en worsbroodjies en Simba skyfies teen R10. Plaas vroegtydig bestellings by die skool. Kaartjies beskikbaar by die skool in Bezuidenhout straat of skakel Ilze by 074 172 9677 of Teresa by 076 981 7551.

Bikers unite for SPCA

News: 28 January 2013 By NoordNuus reporter
Wheels in the sky limpopo bikers club in Mokopane is having its first day-jol for the year on March 23. They plan to host a fun-filled charity day for the local SPCA Waterberg.

Spoilt rotten this Valentine’s day!

News: 28 January 2013 By NoordNuus reporter
Every year from around the 10th of February men struggle to come up with a new original romantic idea for Valentine’s day. This year Potgietersus Rotary Club will be taking the worry out of one lucky couple’s day and filling it with romance.

Die hele wêreld is sopnat!

News: 28 January 2013 By NoordNuus reporter
Teen Noordelike Nuus se druktyd Woensdagaand het die vloede na swaar reën regoor die provinsie reeds tien lewens geëis. Drie van die grensposte tussen Suid-Afrika en Botswana is die week gesluit weens brûe en paaie wat verspoel is.

Medupi strikers at it again

News: 17 January 2013 By NoordNuus reporter
Between 700 and 1 000 Medupi workers marched from Section 7 in Onverwacht to the Medupi site on Wednesday morning. Reports indicate that workers are unhappy with the bonuses that were paid to them over December. Several vehicles were damaged when the crowd threw stones at passersby. The site was closed to prevent marchers from entering the premises.

Duidelikheid oor grondwaardes

News: 17 January 2013 By NoordNuus reporter
Die Mokopane Sakekamer het die jaar vroeg begin met ‘n bestuursvergadering op 14 Januarie en versoek dat almal sal saamwerk: besigheid, munisipaliteit, landbou en die myne tot voordeel van die dorp.

Is Angie lying about textbooks?

News: 17 January 2013 By NoordNuus reporter
A schools-monitoring programme by the DA in Limpopo this week revealed more cases of non-delivery of textbooks in rural schools...

Challenging year for Lephalale

News: 17 January 2013
2013 will be a challenging year for Lephalale municipal manager, Bob Naidoo, told Northern News last week. Because of the rapid growth of the town, infrastructure remains under pressure, but Naidoo is adamant that enough plans are in place to provide sufficient services to its residents.

TLU kry nuwe streeksbestuurder

News: 17 January 2013 By NoordNuus reporter
Nic Haarhoff, ‘n ou bekende in die onderwys, is as nuwe streekbestuurder vir TLU SA Noord aangestel en het op 14 Januarie diens aanvaar. Wilma Prinsloo neem reeds vir die afgelope twee en half jaar waar as streekbestuurder. Haarhoff kom uit ‘n onderwys- agtergrond en was vanaf 2008 tot 2012 die hoof gewees by die CVO Skool op Vivo. Hy sal in Vivo gestasioneer wees, maar die Streekkantoor van TLU SA Noord is steeds in Polokwane en kan gekontak word by tel. 015 293 9804 of e-pos: wilma@ntlu.co.za.

VLU Ellisras wys lapverf vernuf

News: 17 January 2013 By NoordNuus reporter
Die VLU Ellisras tak het verlede Donderdag ‘n paar nuwe dinge oor lapverf geleer. Hier is Ria Strydom besig om die vroue touwys te maak oor die verskillende tegnieke wat gebruik kan word. Die VLU se jaarprogram is reeds propvol opwindende aktiwiteite, met die VLU konferensie op 13 Maart by die Mogolklub wat beloof om ‘n hoogtepunt te wees.

Dienssentrum skop 2013 goed af

News: 17 January 2013 By NoordNuus reporter
Verlede Donderdag was ‘n besige dag by die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes. Sassa personeel het hulle vir die dag daar kom vestig om Dienssentrum lede te help met herregistrasie vir hul toelae. Boonop het die TV program, Growing Tomorrow, ‘n insetsel hier kom opneem en die Sentrum se nuwe kliniek het sy deure vir lede amptelik geopen. Lede van die Dienssentrum het van die geleentheid gebruik gemaak om pannekoek te bak en te verkoop om so fondse vir die sentrum in te samel. Enige persone oor die ouderdom van 60 kan by die dienssentrum aansluit. Lede het dan toegang tot die sentrum se spa, haarsalon, biblioteek, kliniek en gim en bingo oggende. Daar is ook ‘n bussie wat lede spotgoedkoop oplaai en karwei op sekere dae. Die grootste bonus is waarskynlik die uiters bekostigbare etes wat die Dienssentrum aan sy lede verskaf.

Dorp Span saam vir Eurika

News: 17 January 2013 By Valerie Cilliers
Deur Valerie Cilliers "Sy is een van die dapperste kinders wat ek nog ooit teegekom het,” so vertel ‘n steeds emosionele Ronel Dickinson, stasie bevelvoerder by Tom Burke oor Eurika Burger (11), die enigste oorlewende van ‘n gru-ongeluk, verlede Vrydag op O.R Thambo-rylaan in Lephalale

Bloed Vloei Op Lephalale se paaie

News: 17 January 2013 By Valerie Cilliers
Verskeie ongelukke in Lephalale het nooddienste laat bont staan hierdie week. Dinsdagoggend net na 01h00 het die bestuurder van ‘n wit Polo beheer oor sy voertuig verloor en die motor op Nelson Mandela-rylaan gerol. Volgens nooddienste op die toneel het die bestuurder van die voertuig weggerhardloop. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie. Maandagaand het ‘n man voor Choppies skynbaar so met sy vrou baklei, dat hy beheer oor sy voertuig verloor het, niemand is in die voorval beseer nie. ‘n Polisiekonstabel is ook Maandagaand beseer toe hy met sy diensmotor in ‘n ongeluk betrokke was. ER24 het die konstabel na Marapong kliniek vervoer waar hy behandel is vir geringe beserings. Nog ‘n persoon het sy motor op die Thabazimbi pad beskadig toe hy Maandagaand vir ‘n vlakvark uitgeswaai het. Hy is per ambulans na Ellisras Hospitaal vervoer. Volgens Andries Bester van Molalatau Sekuriteit is die hulp van die nuwe ER24 ambulansspan van onskatbare waarde. Volgens hom het die staat se EMS ook hulle hande vol gehad, maar het hulle goed van hul taak gekwyt.

Nyl Aksiegroep beur voort teen myn

News: 17 January 2013
Die Nyl Aksiegroep het grondeienaars rondom die Nyl vloedvlakte verlede week byeengeroep en subkomitees gekies wat die Groep se verskillende uitdagings in die bewaring van die vloedvlakte en die rivier sal help hanteer. Die Grondeienaars verteenwoordigersforum bestaan nou uit Marcelle Maritz, Walkie Kruger en Bennie Genis. Op die Waterforum dien Nico Venter, Michael de Klerk, Herklaas Louw, Floris Booysen, Piet Prinsloo, Wayne Knight, Phillipus Dolo, Frans Tlolane en Braam Beneke. Die finansiële span bestaan uit Dries Coetzer, Willem Barnard, Floris Booysen, Dries Horn en CP van der Walt. Die Aksiegroep is hoogs ontevrede oor die hantering van die omgewings impakstudie vir die beoogde Volspruit myn van Sylvania Platinum. Intussen het die Groep befondsing nodig om kenners aan te stel wat betekenisvol kan bydra tot die debat oor die noodsaaklikheid om hierdie sensitiewe ekosisteem te bewaar. Om by te dra of meer uit te vind oor die aktiwiteite van die Nyl aksiegroep stuur ‘n e-pos aan Emile Honiball by ehoniball@potties.co.za of Carina Steenkamp by bluechip@absamail.co.za of Hilary Knight by hilary.k@mweb.co.za. Lees volgende week in die Noordelike Nuus meer oor die inhoud van die omgewingsimpakstude en ook die kommentaar van individue en belangegroepe.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube