Searching for "" in "News"

 

Limpopo youth less promiscuous

News: 06 December 2012 By NoordNuus reporter
The youth in Limpopo, when compared to other provinces, are still very conservative in their approach to sex. This is according to a recent survey completed by the International Planned Parenthood Federation (IPPF).

Limpopo politics getting dirty

News: 06 December 2012 By NoordNuus reporter
The ANC in Limpopo had to abandon its nomination conference last Friday night after a group, believed to be supporters of President Jacob Zuma, stormed the venue and according to provincial spokesman, Makonde Mathivha, intimidated delegates. “It was terrifying,” he said on Saturday. “They wore T-shirts with the face of Zuma.”

TROKDRYWERS AANDAG ASB

News: 06 December 2012 By NoordNuus reporter
Vir al die mense wat trokke ry of vriende het wat trokke ry sit groot asseblief nagliggies (night strips) aan wanneer julle aftrek! Ek en my familie was amper dood weens 'n vragmotor wat 'bokkerol' op gehad het en wat ook niks in die pad gesit het nie. Dankie aan deur ons Hemelse Vader wat gesorg het dat ons nog hier is, maar ons bakkie is afgeskryf - ek en my man en vier week oue baba was ampers weg oor 'n simpel bestuurder wat nie gedink het aan gevaar nie! So ek vra weer, sit asseblief die nodige liggies uit en op jou trok sodat mense jou kan sien! - Sunett Kruger via Facebook

Dankbaar vir dieredokter!

News: 06 December 2012 By NoordNuus reporter
Ons wil net graag vir Dr F. P. Bingle bedank vir sy puik diens en dat hy ons baba Sadie ('n Retriever van 10 weke oud) so mooi gesond gemaak het en gehelp het deur die aaklige maagvirus wat sy gehad het. Dit was n lang vyf dae en baie trane maar sy is nou weer spekvet en gesond te danke aan Dr Bingle. 'n Baie groot dankie - Die Van Zyl Gesin (en Sadie) via Facebook

Bossies sê totsiens…

News: 06 December 2012 By NoordNuus reporter
Dis met baie swaar harte wat Laerskool Bosveld Primary afskeid neem van sewe onderwysers aan die einde van die 2012 skooljaar. Elkeen van hierdie persone het 'n blywende indruk gemaak op 'n positiewe manier in die kosbare Bossie-leerders se lewens. Laerskool Bosveld Primary wil elkeen van u baie sterkte toewens vir die toekoms en onthou: 'n Onderwyser is een van die belangrikste figure in 'n kind se lewe, dis iemand wat die siel van 'n kind verstaan, hom aanmoedig, bemoedig en tot hoër hoogtes inspireer. Baie dankie vir u aandeel in die Bossie-leerders se lewens! - Corné de Swardt

Japsnoetjies hou konsert

News: 06 December 2012 By NoordNuus reporter
Eendag lank lank gelede....so het die kleuters van Japsnoetjies Vrydagaand hulle konsert afgeskop en wat gevolg het was ‘n heerlike mengelmoes van danspassies, ou bekende liedjies, pragtige kostuums en fyn beplande dekor. Elke kind en selfs die onderwysers het hulle rol gehad om te vertolk en die harde werk en lekker oefen het ‘n pragtige konsert opgelewer. Selfs Juffrou Philipina het in die rol van die “Floose” die gehoor laat skaterlag.

Susters staan saam vir behoeftiges

News: 06 December 2012
Hulle noem hulself die “Sisterhood” - vroue wat saamstaan om ander se lewens bietjie makliker te maak. Die idee het onstaan toe die ses formidabele vroue ‘n babatee wou reel vir ‘n mamma wat bystand nodig gehad het. Daarna het nog ‘n babatee gevolg en later ‘n kopdoekprojek om geld in te samel vir KANSA

Bejaardes sluit jaar af

News: 06 December 2012 By NoordNuus reporter
Die Interkerklike Bejaardeforum het onlangs hul jaareinddiens en funksie by die Gereformeerde kerk in Mokopane gehou. Verskillende Psalms en Gesange en ander liedere is gesing onder begeleiding van Wimpie Engelbrecht. Zelinda Koekemoer het Engelbrecht namens die bejaardes bedank vir sy orrelspel, beplanning en opstel van die program en reelings ten opsigte van die saal. ‘n Geskenkie is aan hom oorhandig. Ter afsluiting is die Onse Vader gesing.

Lesers presteer goed

News: 06 December 2012 By NoordNuus reporter
Tydens Tina Cowley Leessentrum se jaarlikse prysuitdeling verlede week het die sentrumbestuurder, Jolinda Cronjé, elke leser bedank vir hulle harde en getroue werk. Die leesterapie gee aan elke leerder die geleentheid om hul “gereedskap” van die lewe nl. LEES op te skerp. Sodoende verbeter hul skoolwerk en bied die terapie aan hul ‘n voorsprong. Cronjé het al die ouers bedank vir hul positiewe ondersteuning die afgelope agt jaar.

Boeremusiek Gilde sluit jaar af

News: 06 December 2012 By Jasper Raats
Die Boeremusiek Gilde Potties het Saterdagaand sy Kersdans by Hoërskool Piet Potgieter se Pierneefsaal aangebied. Oud en jonk het saamgedans nadat hulle ‘n heerlike Kersete geniet het.

Black Leopards away to collect more points

News: 06 December 2012 By LiN Nuus
Black Leopards believe that they will come back with a full compliment of points from their away fixture against Mamelodi Sundowns. The two teams will meet in their Absa Premiership League match at the Lucas Morepe Stadium in Pretoria on Sunday afternoon.

Rowers slaan toe

News: 29 November 2012 By NoordNuus reporter
Die bestuurder van die Sasol motorhawe in Onverwacht, Deon Kloppers, het Maandagoggend ‘n noue ontkoming gehad toe sewe swaar gewapende mans net voor 05h00 daar toegeslaan het. Kloppers vertel dat hy in ‘n stoorkamer op een van die verdagtes afgekom het. “Ek het nie dadelik geweet wat aangaan nie en het vir ‘n oomblik gedink dat hy een van die petroljoggies is. Toe die man egter ‘n klapmus oor sy kop trek was my eerste reaksie om hom aan die skouers te gryp. Dit is toe dat ek die band om sy skouers sien waaraan ‘n AK47 hang.

Flink optrede toe kar brand

News: 29 November 2012 By NoordNuus reporter
Kliënte, sekuriteitspersoneel en sentrumbestuur moes Saterdagoggend bontstaan toe ‘n motor by die Mokopane Mall aan die brand slaan. Sentrumbestuurder, Jacques Swart, sê hy vermoed ‘n kortsluiting in die motor se elektriese stelsel het die brand begin. “Almal moes egter vinnig reageer om die brandende motor uit sy parkeerplek tussen die ander motors te kry en die vlamme te blus.” Die sentrum se sekuriteitspersoneel was byna onmiddelik op die toneel met van die sentrum se brandblussers byderhand. Geen ander motors is beskadig nie en niemand is in die voorval beseer nie. Swart het sy personeel en die publiek geloof vir hulle flink optrede. Foto’ deur Lourens Grobler

R170 million Lephalale Mall opens in Limpopo

News: 29 November 2012 By NoordNuus reporter
The R170 million Lephalale Mall opened on Tuesday, bringing the long-awaited convenience of one-stop shopping to this growing Limpopo town.

Jongman op Marnitz vermoor

News: 29 November 2012 By NoordNuus reporter
‘n 25-jarige man is Sondagoggend tussen 02:00 en 04:00 in Marnitz vermoor. Volgens die Tom Burke stasiebevelvoerder, Kaptein Ronel Dickenson, wil dit voorkom of die slagoffer geslaan en met ‘n skerp voorwerp aangeval is. “Ons vermoed dat die man hulp probeer soek het, maar dat hy in die veld aan sy wonde beswyk het. Sy een arm het baie diep snywonde, vermoedelik soos wat hy homself teen sy aanvaller(s) probeer beskerm het,” het sy die week aan Noordelike Nuus gesê. Volgens Dickenson is twee verdagtes gearresteer en sou hulle Dinsdag in die Mokopane hof op aanklagte van moord verskyn het. Hulle is egter Maandag vrygelaat weens ‘n gebrek aan bewyse teen hulle. Die saak word steeds ondersoek.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube